.

Belhamels se dae nou getel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een mens het gesterf toe ’n bakkie se wiel gebars en dit die R27-pad naby Velddrif verlaat het.
Een mens het gesterf toe ’n bakkie se wiel gebars en dit die R27-pad naby Velddrif verlaat het.

“Ons gaan hierdie feestyd ’n zero-toleransie vir verkeersoortreders hê.”

Só sê Des Paton, streekdirekteur van die provinsiale verkeersdiens vir die Weskus, N7 en die Kaapse Metro nadat Weskus-paaie die afgelope week sewe lewens geëis het in twee padongelukke, onderskeidelik.

“Ons kan regtig nie enige verdere lewensverlies op ons paaie bekostig nie,” het Paton bygevoeg.

Vyf mense het op 13 Desember hul lewe verloor in ’n botsing op die N7 naby die Koringberg-afrit.

Volgens Paton het ’n sesde persoon, wat in hierdie botsing beseer is, later in die hospitaal gesterf.

Verder het een persoon 12 Desember gesterf toe ’n bakkie se wiel gebars en dit die R27-Weskuspad naby Velddrif verlaat het. Nog ses mense is in die ongeluk beseer.

“Kom geniet die feestyd aan die Weskus, maar weet net as jy onder die invloed gaan bestuur of jaag, gaan ons jou wildste nagmerrie word,” waarsku Paton.

“Ons het splinternuwe GTI’s op die pad en daar gaan ook heelwat ongemerkte verkeersvoertuie die paaie deurlopend patrolleer.”

Hy vra ook dat mense liefs nie verder moet bestuur as hulle baie moeg is nie.

“Kuier by jou huis. Moenie onnodig op die pad wees nie. Slaap oor en ry môre weer wanneer jy uitgerus is.”

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 197/5
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.48
-0.6%
Rand - Pond
21.02
-0.2%
Rand - Euro
17.58
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.13
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Goud
1,818.54
-0.0%
Silwer
23.47
+2.0%
Palladium
1,907.50
+1.6%
Platinum
989.00
+1.3%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos