.
Deel

Dwaalkoeël tref vrou in kuit toe aanvallers weer op lewelose man skiet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Man van Vredenburg is koelbloedig doodgeskiet toe hy winkel toe gestap het.
’n Man van Vredenburg is koelbloedig doodgeskiet toe hy winkel toe gestap het.

’n Man van Vredenburg, wat vir sy vrou gesê het hy gaan gou winkel toe, het nooit weer huis toe gekom nie.

Hy is naby die winkel koelbloedig doodgeskiet.

Volgens kaptein. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het die voorval Vrydagaand 24 Februarie skuins ná 21:00 in die Better Life-woonbuurt in Ongegund, Vredenburg, plaasgevind.

Na bewering het die slagoffer (32) die aand van die skietery na ’n spaza-winkel in die omgewing gestap om ’n paar noodsaaklikhede te gaan koop terwyl sy vrou by die huis gewag het.

Dit is nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar ’n ooggetuie het twee mans naby die winkel gesien en gehoor hoe hulle met mekaar stry oor of die oorledene wel dood is of nie.

“Die een man het toe glo terug na die oorledene gegaan en nog ’n skoot afgevuur. Dié koeël weggeskram en ’n vrou in haar regterkuit getref,” het Helfrich verduidelik.

Die Vredenburg-polisie ondersoek ’n saak van moord.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek sal bespoedig, word vriendelik versoek om sers. Dina Miggel by 022 703 6464 te bel.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos