.

Gyselaars in poskantoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toneel van die gewapende rooftog is met polisielint afgesper.Foto: Trish Goosen
Die toneel van die gewapende rooftog is met polisielint afgesper.Foto: Trish Goosen

Skielik het die mans twee vuurwapens en ’n mes uitgeruk.

Wat ’n ontnugterende oomblik vir twee personeellede van die Saldanha-poskantoor!

Die personeel was Saterdagoggend 16 Oktober houtgerus aan die werk toe drie mans die kantoor binnekom.

Hulle het vinnig besef die mans is nie kliënte nie, maar gewapende rowers met bose planne.

Volgens AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder van die Saldanha-polisie, het die voorval omstreeks 10:45 plaasgevind.

Benewens die bestuurderes van die poskantoor en ’n kassier was ’n lid van die publiek ook in die gebou toe die drie rowers by die deur instap.

Die personeel en die kliënt is met die wapens gedreig en een van die rowers het glo ’n vuurwapen teen die bestuurderes se kop gedruk. Sy is beveel om die kluis oop te sluit. Sy het gemaak soos hulle gevra het en die rowers het meer as R479 000 gebuit.

Intussen het omstanders besef wat in die poskantoor aan die gang is.

Iemand het na Vanessa Dudley se winkeltjie, digby die poskantoor en die taxi-staanplek, gegaan met die nuus van die rooftog.

“Die persoon het na my gekom, want mense weet ek is betrokke by die buurtwag,” het Dudley aan Weslander vertel.

Dit was ook ’n lid van die buurtwag wat Saterdag Weslander te woord gestaan het ná verskeie pogings aangewend was om ’n beskikbare polisiebron wat met die media mag praat, in die hande te kry.

Dudley het tydens die rooftog die glasvoordeur van die poskantoor versigtig genader, met die hoop om ongesiens meer oor die situasie te leer.

“Ek het besef die personeel is nog in die gebou en word gyselaar gehou. Een van die rowers het ’n geel hemp aangehad. Toe hy my sien, het hy agter die toonbank ingespring,” het sy vertel.

Dudley het ook ’n stemnota wat vir dringende bystand vra, op ’n plaaslike Whatsapp-groep uitgestuur. Die polisie is verwittig en het hulle na die toneel gehaas.

Volgens Kotze het die rowers die drie slagoffers met kabelbinders binne die poskantoor vasgebind. Sy sê ooggetuies het glo gesien hoe die rowers in twee voertuie van die toneel af vlug.

Dudley vertel sy het die getraumatiseerde bestuurderes agterna getroos en gekalmeer.

“Sy het vir my gesê terwyl die vuurwapen teen haar kop gedruk was, kon sy net aan haar kinders dink. Sy het baie groot geskrik,” het Dudley vertel.

Weslander het die bestuurderes gekontak, maar sy het gesê sy mag ongelukkig nie self met die media praat nie.

’n Gerug het Saterdag die ronde gedoen dat die rowers reeds aangekeer is, maar hulle is steeds soek. Mense met inligting oor die rooftog word gevra om die ondersoekbeampte, AO Johannes van Antwerpen, by 022 714 8333 te bel. . Sake-ondernemings in Saldanha en Vredenburg en Saldanha word die afgelope paar jaar gereeld deur gewapende rowers geteiken. Dit is beduidend dat rooftogte dikwels op Saterdagoggende plaasvind en dit blyk die rowers is in baie gevalle nie plaaslike inwoners nie, maar kom van buite na die plattelandse dorpe om sake-ondernemings te kom beroof.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 124/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos