.

Jeugforum sê hallo met potjiestryd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Monica Magxwalisa en Asiphne Tunzi, wenner van die potjieskos-kompetisie.
Monica Magxwalisa en Asiphne Tunzi, wenner van die potjieskos-kompetisie.

Die Kaapse Weskus Biosfeerreservaat het Saterdag sy jeugforum by sy nuwe kantore in Vredenburg met ’n potjiekoskompetisie bekend gestel.

Die span van die Biosfeerreservaat is deesdae in die ou stasiegebou in Vredenburg en nooi alle belangstellendes om ’n draai te maak.

“Die doel van die jeugforum is om meer jong mense bewus te maak van hul omgewing en die belangrikheid daarvan. Ons wil baie meer programme en projekte van stapel stuur om die volhoubare bewaring van die omgewing aan te moedig,” verduidelik Nina Botha, wat aan die stuur van die jeugforum is.

Hoewel die groep spesifiek programme vir skoolgaande kinders wil begin, is enigeen tussen 18 en 35 jaar welkom om by die forum aan te sluit.

As deel van die bekendstelling oor die naweek het plaaslike rolspelers elk ’n potjie gemaak wat weer aan die publiek verkoop is. Die manne van die Weskus Landbou-organisasie het ’n lam-stamp-en-stoot-potjie gemaak. Volgens Jetro Brown is die geheim om goeie vleis te gebruik, iets waarvan hy en span Gene February goed weet aangesien hulle in Saldanha met beeste boer.

Die span van die bestuur van die natuurlike hulpbronne-program in Atlantis en Mamre sê die geheim van ’n goeie pot is om die kombinasie van speserye reg te kry. “Ons uit-die-bos-pot het beesafval, aartappels, kerrie en al die nodige magalas wat nodig is,” meen Charlene Jonkers.

Ragmah Slamdien en Abdullah Duarte van Saldanha het op hul beurt ’n beesstert-potjie gemaak.

Die wenners van die dag was egter Monica Magxwalisa en Asiphne Tunzi, van Swopshops. Hedwig Slabig was die beoordelaar vir die kompetisie en het Magxwalisa en Tunzi geprys vir hul tradisionele Xhosa-afvalpot. Dié pot het die twee ’n wegbreek na !Khwa ttu in die sak gebring.

Volgens Sharon February van die Biosfeerreservaat was die potjiekos die perfekte geleentheid vir samekoms en viering van die Weskus se karakter.

Om meer uit te vind oor die jeugforum of die biosfeer maak ’n draai by die kantore in Vredenburg.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,800.24
+0.4%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,033.50
+0.6%
Platinum
1,044.39
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos