.

Lang arm van gereg vat 11 verdagtes vas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gesteelde artikels wat by verskeie huisie in Laingville teruggevind is.
Die gesteelde artikels wat by verskeie huisie in Laingville teruggevind is.

Die lang arm van die gereg het verlede Dinsdag 11 verdagtes vir verskeie misdade, met betrekking tot ’n huisbraak in St. Helenabaai voor die gereg gebring.

Lede van die St. Helenabaai-polisiekantoor het op 13 Oktober inligting ontvang oor gesteelde eiendom wat glo by ’n huis in Melkbosstraat in Laingville, St. Helenabaai gestoor word.

Die hulp van Weskus-blitspatrollie en die taktiese reaksiespan van Kaapstad is ontbied en die Melkbosstraat-huis is deursoek.

Volgens kapt. Tania Helfrich is ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie tussen huishoudelike toerusting gevind wat tussen 9 en 10 Oktober vanjaar uit ’n ander huis in dieselfde woonbuurt gesteel is.

Die eienaar van die huis in Melkbosstraat waar die gesteelde goedere gevind is, het toe die polisie ingelig van twee ander huise in Gansiestraat waar die oorblywende goedere van die spesifieke huisbraak glo weggesteek word. Helfrich sê hierdie huise is daarna ook deursoek en die res van gesteelde eiendom is daar gevind.

By Gansiestraat het een van die verdagtes sy hond glo aangehits toe die polisie daar aankom. Die hond het die polisiebeampte probeer aanval en is in die proses glo in selfverdediging geskiet.

Volgens Helfrich is vier mense in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie; drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en nog vier verdagtes is vasgetrek vir huisbraak.

Die verdagtes het Vrydag 15 Oktober in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Die bestuur van Vredenburg-polisiekluster (wat 10 plaaslike polisiekantore insluit) het die betrokke polisiebeamptes se toewyding en vasberadenheid geprys in hul pogings om misdadigers voor die gereg bring.

besig om te laai... Regstreeks
Leinster 0
Connacht 0
besig om te laai... Regstreeks
Edinburgh 0
Benetton 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.10
-1.1%
Rand - Pond
21.33
-0.7%
Rand - Euro
18.24
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-1.6%
Goud
1,782.29
+0.8%
Silwer
22.48
+0.4%
Palladium
1,809.50
+1.4%
Platinum
933.50
-0.7%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos