.

Tert gemaak van ricotta, broskors en steurgarnale

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Bestanddele 250 ml (140 g) koekmeel 1 ml sout 60 g koue botter, in blokkies gesny 60 ml koue water 3 ml suurlemoensap 50 g broskors 250 g ricotta-kaas

250 g roomkaas 50 ml room 4 ekstragroot eierssout en varsgemaalde swartpeper 250 g gaar steurgarnale, skoongemaak, doppe verwyder

Metode

Berei broskorsdeeg – sif die koekmeel en sout saam in ’n mengbak.

Voeg die koue botterblokkies by en vryf die botter met die vingerpunte in die meel in. Dit sal geleidelik soos broodkrummels begin lyk.

Meng die water en suurlemoensap en voeg dit by die droë bestanddele. Voeg eers net twee derdes daarvan by en dan, as dit nodig is, geleidelik meer. Meng dit tot ’n stywe deeg en knie tot gemeng.

Bedek die deeg met kleefplastiek en plaas dit vir sowat 1 uur in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik en voer ’n losboom- quiche-pan daarmee uit.

Prik die bodem met ’n vurk en bak die tertdop blind vir sowat 10 minute.

Berei vulsel – meng die broskors, ricotta, roomkaas, room, eiers en geurmiddels in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg meer room by indien dit te styf is. Giet die mengsel in die voorbereide kors.

Rangskik die garnale bo-op en bak vir sowat 35-45 minute of tot die vulsel gestol het en die tert goudbruin is. Laat effens afkoel en sny in skywe.Tuis – Sonja Jordt

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,799.07
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,045.00
+0.9%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos