.

Van kassier tot omroeper en sanger

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die omroeper Cecily Immelman.Foto:
Die omroeper Cecily Immelman.Foto:

Wat is die naam van jou beroep? Ek is ’n radio-omroeper, maar ek is ook in vele beroepe. My eerste werk was op 16 as ’n kassier by ’n winkel wat toe verander het in ’n all-rounder se werk wat oral gehelp het waar ek nodig was. Ek het hoofsaaklik die werk begin omdat ek wou sing en daar nie geld was om my sangloopbaan te dra nie. Musiek is van ’n baie jong ouderdom ’n passie en ’n droom gewees en is steeds. Daarna het ek van Struisbaai na Kaapstad verhuis waar ek baie jare gebly het, en toe vir ’n radiostasie (Radio Houtstok) begin werk het. Ook as iemand wat oral gehelp het, selfs in ’n later stadium as bemarker tot radio-omroeper wat my hoofpos geword het. Ek was daarna oorsee vir ’n paar jaar waar ek onder meer in China en Thailand skoolgegee het. Met my terugkeer na SA het ek voltyds begin sing en weer my fotografiewerk begin doen, wat net so ’n groot passie van my is. Ek het toe dadelik weer ingeval by my radio-omroeperpos en ook intussen projekbestuurder geword by die Radiostasie se NPO Ja, ons gee om.

Wat behels jou werk? Ek en die stasiebestuurder werk hard saam om te sorg dat ons die gemeenskap ten alle tye dien deur ons liefdadigheidsprojekte en musiek. Ons koppel onsself nie sommer aan ’n titel nie, want dis nie waaroor die radiostasie gaan nie, maar ek moet bieg dit het ons jare se harde werk geneem om dit suksesvol te maak. Vandag pluk die hele gemeenskap vrugte daaruit.

Hoekom het jy op hierdie beroep besluit? Ek was van ’n jong ouderdom reg vir aksie, nie skaam nie, en wou net almal om my gelukkig sien. So wanneer ek gesing het of met mense gepraat het, het almal altyd so gelukkig gelyk. Musiek was nog altyd my manier om weg te kom van al die probleme in my lewe. Wanneer ek nie vriende gehad het nie, wanneer iets by die skool gepla het, wanneer ek of my broer en suster mishandel is, dan het ek na musiek gegryp, agter my stel dromme ingeklim, die musiek kliphard gesit en my hart uitgespeel, gedans en gesing op my eie waar alles net vir ’n oomblik perfek gevoel het. Om in ’n huis groot te word waar jy nie ondersteun word nie en daagliks afgekraak word, is nie maklik vir enigiemand wat ’n dromer is en net die goed in ander sien nie.

Wat het jy gestudeer? Ek het nie gaan studeer nie. Daar was nooit geld daarvoor nie en gelukkig kon ek met my musiek net doen waarvoor ek lief is. Met my fotografie-belangstelling het ek ’n wonderlike vriend wat my altyd gehelp het met die tegniese sy van die kamera. Die res kom uit die hart; met omroeperwerk het ek ook net my hart gevolg en dis seker wat my op ’n manier uniek maak, dit wat ek doen kom vroeg reeds uit die hart uit.

Watter uitdagings is daar in hierdie beroep? Daar is baie uitdagings. Dit is die soort beroep waarin jy die heeltyd in die openbare oog is, waar mense dink jy is nie net ook ’n mens nie. Iemand wat ook gevoelens het, iemand met ’n familie en vriende. Iemand wat ook kos op die tafel moet sit en ’n dak oor jou kop. Dan kry jy weer die uitdaging van musiek wat elke ses maande, soms minder, verander in ons wêreld. So jy moet die heeltyd nuwe musiek uitbring wat vir baie van ons nie moontlik is nie as gevolg van die koste. Covid was en is steeds ons grootste uitdaging, dink ek, tot dusver. Mense kon en kan in dié stadium nie ten volle hul passies uitleef en werk doen nie. Dan is die musiekbedryf nog so groot met baie kunstenaars en fotograwe. Die ander uitdaging is dat baie jong kunstenaars of nuwelinge inkom in die bedryf en ook hul koste baie laag hou en eienaars van kuierplekke dit van ander kunstenaars ook verwag wat reeds baie jare gevestigde kunstenaars is.

Hoekom sal jy mense aanraai om hierdie beroep te volg? Ek kan nie sê mense moet hierdie beroep volg nie, want dis iets waarmee ’n mens gebore word; dis in jou are, nie iets wat jy kan aanleer nie. So my raad vandag aan iemand wat dalk iets heeltemal anders doen en dié soort werk wou doen van ’n jong ouderdom af, go for it. Ek het op ’n jong ouderdom geleer jy moet eers kruip, loop en dan hardloop, jy moet eers hard werk vir iets voor jy dit ten volle waardeer en soms moet ’n mens eers iets verloor voor jy besef wat jy regtig gehad het. So werk hard en fokus op die lig aan die einde van die tonnel.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 0/0
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 181/7
Papua New Guinea 97/10
besig om te laai... Regstreeks
Knights 98/6
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.0%
Rand - Pond
19.99
-1.0%
Rand - Euro
16.85
-1.0%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,783.11
+0.1%
Silwer
24.19
-0.4%
Palladium
2,014.87
-2.8%
Platinum
1,047.50
-0.6%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.5%
Industriële 25
85,379
-0.3%
Finansiële 15
13,931
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos