.

Verklaring is ‘vals nuus en wil PA ondermyn’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Sammy Claassen, PA se burgemeesterskandidaat vir SBM.
Sammy Claassen, PA se burgemeesterskandidaat vir SBM.

“Daar is geen ongelukkigheid of verdeeldheid nie.”

Só sê Sammy Claassen van die Patriotic Alliance (PA) oor bewerings in ’n sogenaamde persverklaring wat rondgestuur is.

Die skrywe is verlede week op WhatsApp gedeel en beweer daar is ontevredenheid binne die Patriotic Alliance (PA) oor die feit dat Sammy Claassen as die PA se burgemeesters-kandidaat vir die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) verkies is.

“Hierdie verklaring is heeltemal vals en ’n poging om die PA te ondermyn,” het Claassen aan Weslander gesê.

Volgens die skrywe is daar interne ongelukkigheid binne die party omdat Claassen glo ’n “inkommer” in die Saldanhabaai-gebied is en daar ’n gevoel bestaan dat hy eerder as kandidaat in die Bergrivier-munisipaliteit (BM) moet staan. Hy was in die verlede ’n ANC-raadslid en die burgemeester van die BM.

Claassen het egter Dinsdag aan Weslander gesê hy is “g’n inkommer nie”. Hy woon glo al jare lank in Vredenburg, het in Vredenburg skool gegaan, hy betaal belasting en dienstetariewe aan die Saldanhabaai-munisipaliteit en sy vrou werk al lank as verpleegster by die Vredenburg-provinsiale hospitaal.

Hy het die politieke party en die skrywer van die “vals verklaring” by die naam genoem, maar die betrokke persoon ontken dit glo. Claassen het gesê die skrywe is ’n agterbakse poging om verdeeldheid in die PA te saai.

“Hulle weet verdeeldheid kan ’n party seermaak en hulle sien ons as ’n bedreiging.

“Maar die PA gaan soos ’n tsoenami in die gebied inkom en hulle vrees ons.”

Marshellino Clarke was aanvanklik as die party se burgemeesterskandidaat vir SBM aangewys, maar Clarke het die posisie glo van die hand gewys om hom eerder uitsluitlik op wyk 5 te fokus.

Die PA het teen druktydnie Weslander se navraag oor Claassen se kommentaar op die beweerde ongelukkigheid binne die party, of gebrek daaraan, bevestig of ontken nie.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 31/2
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.3%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.3%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,779.78
-0.1%
Silwer
24.11
-0.7%
Palladium
2,011.15
-3.6%
Platinum
1,052.50
-0.2%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.7%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos