.

Werkloosheid en die jeug

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die plaaslike verkiesing vind op 1 November plaas. Is jy al oortuig watter party en kandidate jou stem verdien?
Die plaaslike verkiesing vind op 1 November plaas. Is jy al oortuig watter party en kandidate jou stem verdien?

Die munisipale verkiesing van 1 November is om die draai.

Anders as die nasionale verkiesing waar ’n mens slegs proporsioneel vir die politieke party van jou keuse stem, stem jy in die munisipale verkiesing op drie stembriewe. Jy stem proporsioneel vir die politieke party van jou keuse, vir die kandidaat van jou keuse in elk van die wyke waar mense woon en derdens proporsioneel vir die politieke party van jou keuse vir die distriksmunisipaliteit.

Voordat kiesers van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) vanjaar hul kruisies trek, sal dit wys wees dat hulle hulself vergewis van die onderskeie politieke partye en kandidate se visie vir die gebied en sy mense se toekoms.

In die aanloop tot die verkiesing sal Weslander elke week ’n ander vraag aan burgemeesterskandidate van verskillende partye stel om lesers in staat te stel om ’n ingeligte besluit te neem teen die tyd dat die verkiesingsdag aanbreek.

Hierdie week het Weslander die onderskeie burgemeesterskandidate gevra: Sou hulle verkies word, hoe hulle werkloosheid, skoolverlaters en jeugontwikkeling sal benader.

“In South Africa unemployment is rampant and is currently sitting at 44,4%. In easy terms it means that when you sit with a group of random people, very close to half will be unemployed! Some of the biggest contributors to this is corruption in national government. We are fortunate that the DA governed Western Cape is currently holding its position with the lowest unemployment in the country with 25,8%. Saldanha Bay is currently at more or less 28%.

I think it is fair to say that both the closure of ArcelorMittal and Covid-19 were a big blow to unemployment in our area. National government’s poor handling of the national lockdown dealt a severe blow to previously healthy businesses and led to further retrenchments and business closures. But we don’t have the luxury to complain, we must focus on ensuring that we keep creating a platform for businesses to thrive. We need to ensure that our current businesses keep their doors open and that we entice new investment into the area. Only then will we create new and lasting job opportunities. My vision is to re-look at how we as a municipality does business with our local businesses and to cut down on red tape. We will use technology and artificial intelligence to beef up public safety. The manpower element must also be addressed. I will place emphasis on our youth to receive the best education and partner with local businesses to assist with training, starting at school level. We have work to do! I cannot wait to bring lasting change to our residents.”

Jaco Kotze, die Vryheidsfront Plus se burgemeesterskandidaat vir Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), sê vaardigheidsontwikkeling is baie belangrik:

“Werkloosheid deur middel van werkskepping kan slegs volhoubaar aangepak word deur middel van sinvolle en volhoubare ekonomiese ontwikkeling. Volhoubare ekonomiese ontwikkeling is die kernbestanddeel van werkskepping. Indien volhoubare ekonomiese ontwikkeling op ’n sinvolle wyse binne die Saldanhabaai- munisipale gebied ondersteun en uitgebou word, sal volhoubare werksgeleenthede natuurlik daarop volg. Vaardigheidsontwikkeling is een van die uitvloeisels van ekonomiese ontwikkeling en moet ’n integrale deel daarvan vorm. Dit is belangrik om plaaslike inwoners voorkeur te bied met vaardigheidsontwikkeling om sodoende ook voor in die ry te staan wanneer plaaslike werksgeleenthede beskikbaar word. Hierdie vaardigheidsontwikkeling sluit vaardighede in wat in munisipaliteite benodig word. Dit is egter belangrik om te besef dat hoewel die munisipaliteit ongeveer ’n duisend personeellede het, daar nie na ’n munisipaliteit as primêre werksverskaffer gekyk moet word nie. Munisipaliteite se mandaat is slegs om ekonomiese groei en ontwikkeling in sy gebied te bevorder sodat ondernemings in die gebied geskep kan word om sodoende werkloosheid te bekamp. Skoolverlaters en jeug moet as deel van hierdie hulpbron beskou word en dienooreenkomstig ingelig, voorberei en gekwalifiseer word om as deel van die plaaslike volhoubare arbeidsmag aangewend te word.”

Sammy Claassen, die Patriotic Alliance (PA) se kandidaat vir die SBM, wil munisipale tariewe verlaag wat tot werkskepping sal lei:

“Die oplossing vir werkloosheid is nuwe werksgeleenthede op plaaslike vlak. Die munisipaliteit sal beslis ’n meer direkte en indirekte rol moet begin speel in die plaaslike ekonomie deur plaaslike wetgewing, beleid en struktuur daar te stel wat nuwe werksgeleenthede en besighede kan lok en skep.

As burgemeester sal ons ’n nuwe besigheidsbelegging-eenheid vestig wat beleid op die been sal bring om onmiddellik werkloosheid, nuwe werksgeleenthede, ontwikkeling en beleggings in die eerste vyf jaar sal meebring. Besighede se tariewe en dienstefooi-strukture sal onmiddellik verlaag of hersien word.

Laer, gunstiger tariewe, laer munisipale belasting en dienstefooie plaas meer geld en kapitaal in die koffers van maatskappye wat beteken dat maatskappye nie nodig het om groot bedrae geld teen hoë rentekoerse te leen nie. Hulle kan dan beter kontantvloei en ’n sterker kapitaalprofiel kry sodat hulle meer werkers kan aanstel en nuwe uitbreidings kan begin. Dit is ’n doeltreffende strategie wat die aanvraag na goedere en dienste verhoog en die ekonomie stimuleer. Ons sal moet kyk hoe munisipale geld bestee word. Munisipale begrotings moet verander sodat dit spreek tot die skep van werksprogramme. Die munisipaliteit kan meer mense aanstel as meer maatskappye gevestig word en groei. As werkloosheid ’n nasionale, provinsiale en plaaslike krisis is, beteken dit dat ’n groot gedeelte van ons begroting toegewys moet word om werkloosheid in Saldanhabaai te verminder. Alle kontrakte of tenders met diensteverskaffers of maatskappye sal ’n klousule bevat wat waarborg dat plaaslike mense eerste keuse sal hê in alle werksgeleenthede wat geskep word deur daardie tenders of kontrakte.”

Inus Bester, die Konserwatiewe Party (KP) se kandidaat vir die SBM, reken ’n ambag is veel beter as ’n matrieksertifikaat:

“Die September-peiling van Statistiek Suid-Afrika toon dat 7,8 miljoen mense in die tweede kwartaal van 2021 sonder werk was. Een van die vernaamste redes hiervoor is die lae ekonomiese groeikoers oor baie jare. Die regering se drakoniese arbeidswetgewing is weer hiervoor verantwoordelik. Die gevolg is dat sakelui met reg huiwerig is om aanstellings te maak.

Baie werksoekers se ideaal is om ’n werk by die munisipaliteit los te slaan. So ’n persoon beskou ’n munisipale pos as onaantasbaar, ’n lewenslange “heenkome”, enorme salaris en baie voordele – en ’n vakbond wat jou voortdurend beskerm.

’n Munisipaliteit is nie ’n werkskeppingsorganisasie nie, maar veronderstel om bekostigbare, voortreflike diens te lewer met genoegsame personeel, hoewel géén oorbodige personeel nie. Elke aanstelling het ’n negatiewe finansiële invloed op die verbruiker, want aanstel­lings lei tot hoër belastings. En dis presies dít wat die KP wil verhoed.

’n Munisipaliteit is daarvoor verantwoordelik om ’n klimaat te skep waarin ondernemings kan groei wat op sy beurt tot aanstellings lei. Tans skep die Raad nie daardie klimaat nie weens talle heffings, hoë tariewe, belastings en ’n hoë salarisrekening.

Die munisipaliteit kan wel byvoorbeeld deeltydse skoonmaakprojekte aanpak en hulp verleen met herwinningsprojekte. Selfs bystand verleen met vaardigheidsopleiding en ’n klimaat skep wat entrepreneurskap en die vervaardigingsbedryf sal bevorder.

Maar ’n ambag is veel belangriker as ’n matrieksertifikaat, daarom moet leerders eerder skole bywoon soos Weskus Hoërskool om vaardighede aan te leer. Sodanige persoon kan direk ná skool begin werk, selfs ’n entrepreneur wees en finansieel onafhanklik raak.

Ryan Don, GOOD se kandidaat vir die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), sê as onderwyser verstaan hy die massiewe uitdagings van die jeug:

Hierdie probleem moet gesamentlik en holisties benader word deur die drie sfere van regering: die private sektor, nie-regeringsorganisasies en die publiek.

Politieke leiers moet ’n baken van hoop word en planne maak, visie kry, in kontak en voeling wees met ons gemeenkappe sodat werkloses, skoolverlaters en die jeug vertroue in ons kan kry dat hulle wat altyd op die buitewyke is ook raakgesien kan word.

Met my termyn in die raad (2011-’16) was die White City- veeldoelige sentrum se een doelwit om ’n kernpunt vir die jeug te word met vrye toegang tot internet en rekenaarklasse, ’n plek waar jeugprogramme aangebied kan word, waar die jeug hulself kan organiseer en hulle sakelui ontmoet by wie hulle in internskappe opgeneem kan word.

In dieselfde termyn het ek die nasionale departement van openbare werke se uitgebreide werke-program bestudeer en ’n program begin waarin skole, biblioteke, klinieke en oorde met administratiewe assistente gehelp kan word sodat jongelinge ervaring in die arbeidsmark kan opdoen. Ons het vir 80 werkloses ’n geleentheid gegee en vandag is daar sowat vyf uit hierdie groep in hul finale onderwys-opleidingsjaar.

Skoolverlaters moet geleenthede kry om ook ’n kwalifikasie te kan verwerf om produktiewe landsburgers te word.

Skoolverlaters se huislike omstandighede is soms van so ’n aard dat hulle ook moet help om die pot aan die kook te hou. As onderwyser ervaar ek die uitdagings wat leerders in die gesig staar. Sorteer ons as leiers hierdie situasie uit, sal ons gemeenskappe ook nie so erg gebuk gaan onder misdaad nie.

Toegewyde leiers is nodig wat bereid is om hard te werk en oplossings te soek, nie net by die plaaslike regering nie, maar ook by die ander sfere van regering en die private sektor.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 51/3
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,780.09
-0.1%
Silwer
24.08
-0.9%
Palladium
2,004.00
-3.2%
Platinum
1,047.50
-0.5%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.2%
Alle aandele
66,189
-1.1%
Hulpbronne 10
61,545
-2.4%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos