.
Deel

Willem Weskus sterf op 79

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wyle Charl Thom
Wyle Charl Thom

Charl Thom, ’n “Weskus-legende” en oud-rubriekskrywer vir Weslander, is verlede week ná ’n kort siekte oorlede.

Charl het Weslander-lesers etlike jare met Willem Weskus se Op die voorstewe-rubrieke laat skaterlag.

Willem Weskus en “Ou Buurman” se eskapades en gesprekke sal nog lank in die Agterbaai onthou word.

Soms het Willem Weskus en “Ou Buurman” lekker geborduur oor vroue en hul inkopietogte, ernstig rugby of politiek gepraat en vlymskerp uitgevaar teen polissmouse – en natuurlik in die proses op ’n paar tone getrap.

’n Leser, Charles Hamman van Port Owen, het in 2018 in sy brief aan Weslander geskryf: “Ek maak altyd Weslander in die middel oop om eerste Willem Weskus te lees, so uit die huis en omgewing. Sy skrywe is positief met ’n euforie en magic wat vir ’n wyle die werklikheid waarin ons leef, vervang.”

Audrey Thom, Charl se weduwee, het vandeesweek aan Weslander gesê hulle het in 2020 tydens die Covid-19-pandemie die Weskus vir Simonstad verruil.

“Charl se gesondheid het agteruitgegaan en uiteindelik het sy liggaam net ingegee,” het Audrey verduidelik.

Hy is verlede Dinsdag, 14 Maart – ses maande voor sy 80ste verjaarsdag – oorlede.

“Sy hart het tot op die einde na die Weskus terugverlang,” het sy gesê.

Charl Thom junior het sy pa as ’n formidabele, diep intelligente en komplekse man, wat sy heel beste vir sy gesin probeer doen het, beskryf.

“Hy was my held en soms my grootste vyand. Hy was mal oor ’n braai, ’n glas bokswyn en die Bulle. Voorverlede naweek se gru-verlies teen die Pumas op Loftus was dalk die laaste strooi. Hy het die Engelse rugby- en krieketspanne, pampoen en die Outsurance-televisieadvertensies verpes.”

Charl junior sê dis ’n ironiese wending dat pampoen die laaste maaltyd was wat die hospitaalverpleegster hom gevoer het.

Charl senior laat ook sy dogter, Anso Thom, ’n joernalis by die Daily Maverick, agter.

“Die drukkers-ink vloei dik in die Thom-gesin se are,” het Audrey gesê.

“Tjeers op Willem en Ou Buurman en die mooie Weskus!” het sy bygevoeg.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10 & 123/4
India 296/10
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 184/10
West Indies 185/6
Rand - Dollar
18.71
+0.7%
Rand - Pond
23.53
+0.6%
Rand - Euro
20.12
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.61
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,011.21
+0.2%
Palladium
1,319.67
-3.0%
Goud
1,961.49
-0.2%
Silwer
24.29
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos