.

Almo ’n speler om mee te reken

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Almo Kuilders op die aanval teen WP Skole.Foto:
Almo Kuilders op die aanval teen WP Skole.Foto:

In rugbyterme is die Paternoster-gemeenskap een van die Weskus se aspoestertjies.

Die dorp se rugbygeskiedenis strek terug tot die bestaan van minstens twee vorige spanne, St. Augustines en Young Progress, in die dae voor die stigting van die huidige Paternoster-rugbyvoetbalklub in 1980.

Nie alleen is die gemeenskap aansienlik kleiner as die meeste ander nie, maar is dit ook vir die plaaslike rugbyklub heelwat moeiliker om ’n kompeterende span teen sy groter bure in die veld te stoot.

Desnieteenstaande is dit steeds moontlik vir talentvolle individue om uit te styg. Almo Kuilders is ’n voorbeeld hiervan. Hy het gedurende die laat 1980’s en vroeë 1990’s sy naam in die annale van Weskus, Westelike Provinsie en Suid-Afrikaanse rugby gevestig.

“Ek het in 1983 klubrugby vir Paternoster begin speel terwyl ek ’n leerder by Hoërskool Weston was. Ek het my skool in 1985-1986 as kaptein verteenwoordig. As skoolspeler het ons onder die vaandel van die voormalige Boland Senior Skole-sportassosiasie gespeel teen skole wat tot so ver as die Suid-Kaap gestrek het.

“Kompetisie teen buurskole en geswore aardsvyande soos Schoonspruit (Malmesbury), Atlantis, Paulus Joubert (Paarl) en Bergrivier (Wellington) was straf, en groot geleenthede. Onder my kapteinskap het ons twee keer die Boland Skole-eindronde gehaal – die eerste een het ons verloor in Worcester, die tweede het nie plaasgevind nie as gevolg van die skoleboikot daai jaar.”

In 1985 is hy gekies vir die Boland- skolespan vir die jaarlikse Suid-Afrikaanse Skoletoernooi in George. “Ek is nasionale toernooi toe as ’n reserwe en as plaasvervanger moes ek aanvaar dat daar min speelkans sou wees.

“Met die min kanse wat egter aan my gebied is gedurende die week, het ek myself tot in die nasionale span, die SA Skolespan, gespeel. Dit bly een van my loopbaanhoogtepunte.”

Die volgende jaar verteenwoordig hy ook Boland Skole teen die WP in ’n feeswedstryd in die Athlone-stadion by geleentheid van die Eeufees-viering van die senior Westelike Provinsie Rugby Unie. Dié wedstryd het gedien as voorwedstryd vir die hoofwedstryd tussen die Saru Presidents XV en die WP. Die jong Almo het ’n geleentheid gekry om sy groeiende reputasie verder aan ’n groter gehoor bekend te stel.

Insluiting in ’n reeks verteenwoordigende spanne het daarna gevolg.

As bewys van sy onteenseglike talent word hy in die plaaslike Swartland-streekspan ingesluit wat in die kompetisies van die toenmalige SA Rugbyfederasie gespeel het.

Ná skool sluit hy aan by die Young People’s-rugbyklub in Paarl. Hier het hy beslis aandag getrek. Oor die volgende 13 jaar verteenwoordig hy ook Young People’s met onderskeiding in beide vyftiens en sewesrugby, en word hy op twee geleenthede ook genomineer vir die Paarl Rock Sportman van die Jaar. ’n Eerbetoon wat hy minstens een keer wen. In 1991 verower sy klub beide die Vyftiens- en Uitklopbeker van die Paarl Liga.

Met die voltrekking van rugbyeenheid in Suid-Afrika in 1992 verteenwoordig Kuilders WP in die Bankfin Abbas Beker-kompetisie. Deelname aan hierdie kompetisie en die WP se wen daarvan in die eerste seisoen dien as voorbereiding vir sy insluiting in die WP Curriebeker-groep. Sy droom om nasionaal te speel, het egter nie gebeur nie – die noodlot het anders besluit.

“In 1992 was ek in ’n motorongeluk wat my die hele seisoen uit rugby gedwing het. Toe ek terugkom het ek so ’n huppel gehad wat natuurlik my mededingendheid gedeeltelik beïnvloed het. Ek het egter voortgegaan om te speel en het selfs bly presteer.

“Al die groot games het my egter verbygegaan.”

Rugby daarna was bloot vir plesier en persoonlike genot, terwyl die eer van Springbok wees al verder op die horison verdwyn het.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos