.

Kolwe klap in Boland

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ashwin Pietersen, ’n kolwer vir die Weskus-span, word in die wedstryd teen Boland Akademie uitgeboul.
Ashwin Pietersen, ’n kolwer vir die Weskus-span, word in die wedstryd teen Boland Akademie uitgeboul.

Krieket in die Boland-streek is die naweek in die streek hervat met drie wedstryde in die tweedaagse streekreeks wat beslis is.

Die tweede reeks wedstryde word die naweek in Stellenbosch, Vredenburg en Hermanus gespeel. Geen krieket is weens die Covid-19-pandemie gedurende die 2020-’21-seisoen gespeel nie.

Die spanne word saamgestel uit spelers van klubs in die onderskeie streke om blootstelling aan spelers uit die streke te gee in aanloop tot die begin van die klub-seisoen.

Talle goeie vertonings is gelewer –veral van die GbetsRocks se Ismaeel Gafieldien (105) wat ’n honderdtal in die Maties se eerste kolfbeurt teen die Winelands se tweede span aangeteken het. Hy het dit in die tweede beurt met 33 lopies opgevolg.

Die wedstryd, wat op Coetzenburg gespeel is, het onbeslis geëindig.

Die span van die Weskus het sy wedstryd teen Boland Akademie op die Vredenburg-sportterrein met ’n beurt en 39 lopies gewen.

Die medium snelbouler Sergio Rooms het ’n goeie veelsydige prestasie gelewer. Hy het eers 51 lopies met die kolf bygedra en daarna twee paaltjies vir net agt lopies platgetrek.

Die Akademie-span kon slegs 77 lopies in die eerste beurt behaal, terwyl die manne van die Weskus 169/8 bereik het voordat hulle hul beurt beëindig het.

Die boulwerk van die linksdraaier Devon Smith (3/4) en die aflewerings van Riaan Smit (2/2) was net te veel vir die Akademie-span om te hanteer terwyl hulle vir net 53 in hul tweede beurt uitgehaal is.

Die wedstryd tussen Overberg en Wynland 1 op die Hermanus-ovaalbaan het onbeslis geëindig.

Overberg is die taak gestel om 233 lopies op die laaste dag vir die oorwinning te behaal.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.10
-1.0%
Rand - Pond
21.32
+0.2%
Rand - Euro
18.21
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos