.

Pannies Frans onthou drieë en kameraderie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die pad na sportsukses is vol kronkels en afdraaie en sekerlik ook besaai met heuwels en opdraandes.

Prestasies tydens die donker dae van Apartheid was vir slegs ’n handjievol individue beskore. Dié pad is welbekend aan Johan “Pannies” Frans, onderwyser, platejoggie (“DJ Plofstof”), maar bowenal, voormalige provinsiale rugbyspeler vir Velddrif, die Weskus Boland en die Westelike Provinsie Platteland – en ’n man wat sy staal in die klipharde Suid-Afrika-beker en die Curriebeker gewys het.

“Toe my brein rugby registreer, was Morné du Plessis my held. Toe verskyn daar boonop ’n aksiefoto in Die Burger – ’n aksiefoto waarin hy ’n teenstander afstamp. Dit het my aangegryp; dit was wat ek wou doen as ek eendag rugby speel.”

Sy rugbypad het op laerskool begin, waarna dit by die Hoërskool Weston voortgesit is. Die begin van die 1980’s was ook ’n uitdagende tyd vir die Velddrif-rugbyklub, wat ná sy ontstaan uit die samesmelting van die voormalige klubs Blue Stars en Northern in 1978 binne drie jaar ineengestort het. Danksy die tussentrede van die oorblywende senior spelers en ’n nuwe geslag jonges was die klub teen 1981 op ’n nuwe pad.

“Op Hoërskool het ek reeds vir die dorp se eerste span gespeel en Boland-skole in 1983 verteenwoordig toe ons teen WP op Idasvallei gespeel het. Toe ek my tersiêre opleiding doen, het ek by die Universiteit van Wes-Kaapland en vir die Silverleaf onder die vaandel van die ou Tygerberg-rugbyunie gespeel.”

Ná sy studies in 1987 is Frans terug Velddrif toe, waar hy die kaptein en ’n staatmaker in die plaaslike klub geword het. ’n Hoogtepunt by Velddrif was in die 1983-seisoen toe die klub alle kompetisies wat WP Platteland aangebied het, gewen het.

“Daarna het ek die sub-unie Weskus op sub-unie-vlak en ook die WP Platteland verteenwoordig. Ek onthou my eerste wedstryd vir WP Platteland toe ons teen Nanru (die destydse Namibia National Rugby Union) in die nie-rassige SA Rugbyunie- se SA bekerkompetisie gespeel het – dit was die beste. Ek het my eerste provinsiale drie op 1 Julie 1989 teen Sentraal Karoo gedruk – dit was een van die talle ander wat ek gemaak het dat ander spelers kon druk.”

Frans onthou: “By hierdie toernooi kon ek my as losvoorspeler van formaat vestig – ek het ook ’n groot rol gespeel in die wedstryd wat ons teen Strand Pioneers gewen het en ook die wendrie gedruk.”

Ná eenwording in 1992 het Frans ook die Boland Kavaliers in vyf Curriebekerwedstryde verteenwoordig. “My beste wedstryd vir die Kavaliers was onderskeidelik die wedstryd teen Grens in Oos-Londen, waar die telling rustyd 33-0 in die guns van Grens was. Toe die eindfluitjie blaas, het ons die wedstryd 36-33 gewen, en dié oorwinning het vir elke speler ’n groot bonus beteken. Destyds was dit nog baie geld, veral as jy ’n groot wedstryd gewen en ’n bonus gekry het!”

Ná meer as twee dekades van afstampe, drieë druk en ongenaakbare mededinging en bloedsweet, sê Frans: “Die belangrikheid van die spel wat ek onthou, die rugby wat ons gespeel het, die spanne wat ek verteenwoordig het, die vriendskappe wat ek opgebou het, was die samesyn veral lekker.

“Die beste was egter vir my die kameraderie wat daar tussen die spelers was, en veral die kameraderie wat daar tussen my – destyds was ek mos nog ’n losvoorspeler – en die ander voorspelers was.”

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10
India A 198/5
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 46/2
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos