.

Suidoosterfees feestelik met kleiner, intieme program

akkreditasie

Die Suidoosterfees bied van 26 April tot 1 Mei ’n intieme, kleiner fees as gewoonlik aan. Dié korter program val in die fees se tradisionele datums, en word ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geld, aangebied.

Die meeste produksies word by Artscape, die tuiste van die Suidoosterfees, gehou, terwyl ander in die gewilde inryteater-formaat by Atlantic Studios te sien sal wees.

Prof. Brian Figaji, voorsitter van die direksie, sê die Suidoosterfees bly daartoe verbind om werksgeleenthede vir kunstenaars en ’n veilige omgewing vir gehore te skep waar hulle ’n heerlike verskeidenheid van teater, musiek en gesprekke kan geniet.

Die programverskeidenheid weerspieël die fees se slagspreuk: ’n Fees vir almal! Produksies wissel van ernstige drama tot klassieke musiek, boekgesprekke, komedie en gesinsvermaak. Ingevolge die nasionale pandemie-regulasies is slegs ’n beperkte aantal kaartjies vir elke produksie beskikbaar.

Die Suidoosterfees sal die komende week elke dag ’n nuwe programafdeling aankondig.

Jana Hattingh, uitvoerende hoof, sê: “Feesgangers sal moet spring om kaartjies te kry. Ons beveel aan mense moet vroegoggend na die aankondigings kyk en dadelik bespreek om teleurstelling te voorkom.”

Soos gewoonlik sal feesgangers baie gratis aktiwiteite geniet, maar hiervoor is besprekings per e-pos noodsaaklik as gevolg van die kleiner toegelate kapasiteit. Besprekings vir gratis aanbiedinge kan by Francois Abrahams (Francois.Abrahams@media24.com) gedoen word.

Mense wat heel eerste inligting oor die onderskeie program-afdelings wil ontvang, kan sommer dadelik e-pos stuur aan Faren Esau by Faren.Esau@media24.com; of hulle kan die Suidoosterfees-webwerf by www.suidoosterfees.co.za besoek.

Kaartjies kan by Computicket gekoop word.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos