.

Vrouekonferensie in September

akkreditasie

Protect the Harvest Ministries bied die eerste naweek in September ’n heerlike interkerklike moedskep-naweek vir vroue by Swartriet digby Jacobsbaai aan.

Pastoor Elma van der Merwe en pastoor Elizma van der Berg nooi alle vroue wat bemoediging en vars salwing in hierdie uitdagende tye in die wêreld en die land nodig het, na die konferensie.

Verskeie sprekers sal kom getuig om die vroue se leë bekers weer te laat oorloop.

Die konferensie erken die vrou se belangrike rol as ma, eggenoot en steunpilaar in haar gesin, haar gemeenskap, by die werk of in haar bediening; ook dat die vrou se rol en verpligtinge dikwels onderskat word.

“Die Here is besig om die moeders van die nasie op te rig en om vroue toe te rus vir die noodsaaklike rolle waarvoor hulle geroep is,” verduidelik Van der Merwe.

Die gaste kan verwag om geestelike versterking te ontvang, goeie geselskap te geniet, nuwe vriendinne te maak, koesterende kos te geniet, bederf-geskenke te ontvang en in spog-strand-verblyf te oornag, waar hulle die kalmerende klank van die branders vanuit hul beddens sal kan hoor.

Protect the Harvest Ministries reik uit na enigeen wat geroepe voel om ’n skenking aan hierdie verdienstelike saak te doen om die koste van die naweek ’n bietjie ligter op die vroue se beursies te maak.. Bel Elma by 082 468 4511 of Elizma by 081 279 5421 vir nog inligting.

Onthou – spring gou om jou plek vir die konferensie te bespreek om teleurstelling te voorkom.

besig om te laai... Regstreeks
SuperSport United 0
Sekhukhune United FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos