.

Agter tralies vir ’n goeie doel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Deelnemers aan vanjaar se ASD Jailbreak in die “tronk” by die Lionsklub-dienssentrum. Foto: Ockie Fourie
Deelnemers aan vanjaar se ASD Jailbreak in die “tronk” by die Lionsklub-dienssentrum. Foto: Ockie Fourie

Die Association for Sensory Disabled (ASD) Jailbreak-projek het teen Dinsdagoggend reeds sowat R80 000 ingesamel.

Altesame 19 deelnemers is Vrydag 1 Oktober deur veiligheidsbeamptes van Capital Security by hul werksplekke “in hegtenis geneem” en by die Lionsklub-dienssentrum aangehou. ’n Sel is spesiaal ingerig en deur lede van korrektiewe dienste beman.

Die deelnemers moet dan geld vir “borgtog” insamel om vrygelaat te word. Die projek is ’n inisiatief wat in 2003 deur Theresa Robberts begin is. Sy, Colette en Kenneth Kelly is die stigterslede van ASD in Tulbaghstraat.

Vanjaar se projek is vir die eerste keer lewendig deur Woes-TV op Youtube en Facebook uitgesaai. Vanjaar kan belangstellendes ook vir die eerste keer tot vanmiddag (Donderdag 7 Oktober) ’n bydrae lewer om ’n deelnemer te ondersteun.

Vanjaar se deelnemers is Dries Burger (Afrimat); Maré Bezuidenhout (Nuy-wynkelder); Dori-anne Martin (Worcester Primêr); Philip Viljoen (Intégro); Jaco van Dyk en Hamilton Wessels (albei van Woes-TV); Riaan Harmse en Zandre Harmse (albei JAN BOM); Jurie Matthee (Worcester-plaatmetaal); Martin Klopper (MK Finansiële Dienste); Martin Oberholzer (Buco Worcester); Hester de Wet (Willow Creek-olyflandgoed); Lionel Holm (Golden Valley Casino); Michael Moore (Tony’s Truck Centre); Elzaan Zeeman (Witels-verhuring); Duane Philips (MBA Groter Boland) en Chantel van Zyl (Re-Max Infinity).

Twee amptenare van Breedevallei-munisipaliteit kon nie deelneem nie aangesien hulle weens Covid-19 in afsondering is. Nicolette Labuschagne, bestuurder van ASD, is dankbaar vir die ondersteuning van Capital Security, Golden Valley Casino, WOES TV en Worcester Korrektiewe Dienste wat die projek moontlik gemaak het. Sy bedank ook die deelnemers asook die Worcester-Lionsklub, Orbit Boland en Tiger Wheel & Tyre vir hul borgskappe.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.30
+0.4%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,056.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos