.

Boer in hof oor aanranding

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

’n Boer van Wolseley het in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n bejaarde te lyf gegaan het. Dié voorval het Vrydag 12 November gebeur.

“Hy het na bewering een van sy huurders op sy plaas aangeval. Volgens inligting wil hy haar al lank uit sy huis en van sy plaas af hê. Die moeilikheid tussen die twee kom glo al jare aan,” het ’n woordvoerder van die Wolseley-polisie verduidelik.

Die vrou, wat die polisie vermoed in haar 60’s is, is by ’n ouetehuis in die dorp opgeneem en vir haar beserings behandel.

“Daar was ooggetuies wat die aanval op haar aanskou het. Die gemeenskap het hulp by die ouetehuis gekry en die vrou gaan ook nou daar woon,” het ’n boodskap wat aan Standard gestuur is, gelui.

Die verdagte is op dieselfde dag in hegtenis geneem en het die Maandag in die hof in Tulbagh op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn. Die saak is tot Donderdag 9 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

- Tamsyn Jantjies

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 88/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.12
+0.3%
Rand - Euro
17.96
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,768.40
+0.0%
Silwer
22.27
-0.5%
Palladium
1,839.50
+3.1%
Platinum
949.50
+1.0%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,614
+0.1%
Alle aandele
71,101
+0.1%
Hulpbronne 10
67,228
-0.5%
Industriële 25
93,915
+0.3%
Finansiële 15
13,994
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos