.

Gevaarlike kruising kwel inwoners

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
David McThomas, munisipale bestuurder van die BVM, in gesprek met die groep bekommerde inwoners van Rawsonville.Foto: Dominique Jeftha
David McThomas, munisipale bestuurder van die BVM, in gesprek met die groep bekommerde inwoners van Rawsonville.Foto: Dominique Jeftha

Inwoners van Rawsonville het byeengekom om hul stem dik te maak oor onder meer ’n onveilige kruising by die ingang van die dorp.

Inwoners van die woonbuurt Geelkamp het op ’n vergadering met David McThomas, die munisipale bestuurder van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), en Seon Swartz, die direkteur van gemeenskapsdienste, gehou.

Hulle het kwessies geopper wat hulle meen die BVM in die Rawsonville-ongewing moet bekyk.

Een van hierdie is die stopstraat by die De Nova-kruising. Volgens Francois Ruiters het menige mense al hul lewe verloor omdat mense nie die padreëls gehoorsaam nie.

Ruiters voer aan dat kommer oor die gevaarlike pad reeds jare gelede op IDP-vergaderings deurgegee is.

Volgens Ruiters was die enigste manier om die BVM se aandag verlede week te kry om die pad met klippe te versper. Ruiters sê dit was heeltemal onnodig omdat hy reeds in kontak was met Swartz, maar hy het van verlede jaar af nog geen terugvoering van hom ontvang nie.

Die pad word deur kinders gebruik wat skool toe gaan en mense wat kliniek toe gaan.

Volgens McThomas is die rede vir die vertraging in terugvoering die feit dat die pad nie aan die BVM behoort nie, maar aan die provinsiale regering. Dit bemoeilik die munisipaliteit se taak om spoedhobbels aan te bring.

McThomas het persoonlik onderneem om hierdie kwessies aan te pak.

Ruiters het Standard Vrydag (12 November) ingelig dat die stopteken waarvoor hulle die vorige dag gevra het, opgerig is.

Nog kwessies wat die groep aangeraak het, gaan oor die sny van bome en die herstel van spreiligte wat nie werk nie.

Volgens een van die inwoners is dit ’n veiligheidsrisiko, want mense word snags beroof en aangerand as die ligte af is.

Die groep voer aan dat bome al vantevore op die dak van mense se huis geval het.

McThomas het aan die groep gesê hy sal binne sewe dae terugvoering gee oor wat hulle tot dusver kon uitrig.

besig om te laai... Regstreeks
SuperSport United 0
Sekhukhune United FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos