.

Help die natuurlewe floreer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

As jy jou verbeelding by die werk, op skool en selfs tuis gebruik, kan jy jou dierlike instink loslaat op die Wêreldnatuurfonds (WWF) se #WearItWildDay op 14 Oktober en jou deel vir die natuur doen.

Die wêreld het ons hulp nodig, die wilde dierebevolking neem vinnig af, en ons moet dringend optree om te verseker dat spesies nie in ons leeftyd uitsterf nie.Deur deel te neem aan WWF se #WearItWild-dag, kan jy uitstaan in die kudde met ’n diere-geïnspireerde uitrusting en sodoende sommer geld vir die versorging van die omgewing insamel.

Die vernietiging van habitatte, oorbevissing en stropery het ’n drastiese uitwerking op die bevolking van diere wêreldwyd. Hier in Suid-Afrika word gemiddeld drie renosters per dag gestroop.

#WearItWild is die WWF se jaarlikse geldinsamelingsveldtog wat in werkplekke, skole en huise oor die land heen plaasvind, wanneer diereliefhebbers in wildlewe-geïnspireerde kleredrag geld vir die natuur insamel.

Dit is maklik om deel te neem – organiseer ’n spoggerige geleentheid by die werk, skool of tuis en vra ’n donasie van R10 vir deelnemers wat soos hul gunsteling- wilde dier aantrek. Die geld is ten bate vir WWF. Dink in die trant van ’n ondeunde aap, ’n renoster of ’n zebra. Mense wat nie deelneem nie, en as “mense” werk toe kom, word natuurlik beboet, alles vir liefdadigheid.

As jy tuis werk, kuier aanlyn saam met kollegas oor ’n koppie koffie om jul oulike uitrustings vir mekaar te wys. Kies selfs ’n wenner en gee ’n prys, soos ’n gratis vakansie van ’n halwe dag.

Skole kan deelneem deur kinders te vra om ook prettig aan te trek en om ’n skenking van R10 te maak aan WWF. Die kinders kan selfs ’n geruime tyd in die klaskamer deurbring om gesigsmaskers te maak.. Sluit aan en help WWF om sy belangrike werk voort te sit om ’n wêreld te skep waar mense en die natuur floreer. Besoek WWF se hulpbronbladsy www.wwf.org.za/wearitwild/resources/ vir ’n paar plakkate en kostuumidees vir #WearItWild op 14 Oktober.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.52
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,055.00
+1.6%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos