.

Jonges registreer fluks

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Daar is slegs 24 dae oor voor die plaaslike regeringsverkiesing waarin miljoene kiesers hul merkie gaan maak om ’n nuwe of bestaande plaaslike regering te kies.Foto:
Daar is slegs 24 dae oor voor die plaaslike regeringsverkiesing waarin miljoene kiesers hul merkie gaan maak om ’n nuwe of bestaande plaaslike regering te kies.Foto:

Met net minder as 24 dae oor voor die verkiesing op 1 November, is Suid-Afrikaners gereed om hul merkie te maak.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het meer as 1,7 miljoen kiesers tydens die spesiale tweedaagse registrasienaweek geregistreer wat van 18 tot 19 September plaasgevind het.

“Nuwe tegnologie, wat deur die kiesersbestuurstoestel bekend gestel is, het die spoed waarmee kieserregistrasie-aansoeke verwerk word, verhoog,” voer hulle aan.

Volgens die kommissie was daar 433 198 mense wat vir die eerste keer as kiesers geregistreer het.

“Dit is verantwoordelik vir 25% van die totale registrasie-aktiwiteit. Kiesers wat herregistreer in dieselfde of verander van stemdistrikte is verantwoordelik vir 1 277 811 aansoeke. Dit is ’n aanduiding dat die boodskap wat ’n beroep op kiesers doen om hul besonderhede by te werk in ooreenstemming met politieke grense waarin hulle woon, steeds aanklank vind,” voer die kommissie aan.

Volgens die OVK was KwaZulu-Natal die provinsie met die hoogste registrasie-aktiwiteit met 358 384.

“Dit word gevolg deur die provinsie Gauteng met 315 282. In die derde plek is die Oos-Kaap met 240 514.

Jongmense in die ouderdomsgroep 16-29 jaar is verantwoordelik vir 402 401 van die nuwe registrasies, wat 91% is. Daarom het hierdie registrasiepoging ’n goeie reaksie van jongmense ontlok,” voer die OVK aan.

“ ’n Goed gevestigde patroon van meer vroulike deelnemers gaan voort. Altesaam 52% van alle nuwe registrasies was vroulike kiesers,” sê die OVK. Dit is ook die geval in die Breedevallei met 55,47% vroue wat geregistreer het. Breedevallei

Volgens die OVK se webtuiste het die Breedevallei-streek sowat 77 739 geregistreerde kiesers vir hierdie jaar – dit is ’n afname van 257 kiesers sedert 2019.

Tydens die nasionale verkiesing in 2019 het 62,25% van die geregistreerde kiesers gestem.

Die groep met die minste hoeveelheid geregistreerde kiesers is dié tussen 18 en 19 jaar met ’n totaal van 677. Die grootste groep geregistreerders is van 40 tot 49 jaar met ’n totaal van 18 180.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.30
+0.4%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,056.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos