.

Junior stadsraad help honger verlig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die junior stadsraad, belanghebbendes asook die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, en die kinders wat die kospakkies ontvang het.Foto: Dominique Jeftha
Die junior stadsraad, belanghebbendes asook die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, en die kinders wat die kospakkies ontvang het.Foto: Dominique Jeftha

Die junior stadsraad het Sondag 3 Oktober sy Feed the Need-projek in die saal van die Hoërskool Breërivier bekend gestel.

Die projek het ten doel om kospakkies aan minderbevoorregte gesinne te skenk ten einde te help met hongersnood in Worcester.

Volgens Cameron du Toit, uitvoerende komiteelid van die junior stadsraad en portefeuljehouer vir gemeenskapsuitreiking, het sy hierdie projek begin, want sy het die nood gesien in die gemeenskap, skole en ook die land.

“Daar is soveel nood daar buite dat ons nie meer weet hoe om te begin om te help nie. Ek wil vandag by die kinders begin, want hulle is die toekoms van môre,” sê Du Toit.

“Hoe is dit om skool toe te gaan op ’n leë maag? Dit maak dit moeilik vir kinders om te konsentreer. Ek wil hê ons moet in ons sakke krap en nie wegkyk as ons sien iemand is in nood nie. Ons moet nie wag vir ’n wyksraadslid of iemand anders om ’n verskil te maak terwyl ons dit sien nie,” voeg sy by.

Volgens haar kan elkeen ’n verskil maak al is dit deur middel van ’n bietjie sop of brood. Sy voer aan dat gemeenskappe leiers nodig het om op te staan en ’n helpende hand te gee aan dié wat sukkel.

Volgens Du Toit lê hierdie projek haar na aan die hart omdat sy die idee gekry het toe Covid-19-gevalle op hul hoogste was. Sy voer aan dat sy gewonder het wat van kinders word wat afhanklik is van voedingskemas by skole wanneer hulle nie by die skool is nie.

“Het ons al ons deel gedoen en kan ons sê dat ons genoeg gedoen het?” Dit is die vraag wat Du Toit wil hê mense hulself moet afvra.

Volgens Du Toit wil die raad vir Checkers Mountain Mill Mall, Coca Cola Worcester en almal wat bygedra het tot die sukses van die projek bedank.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,799.07
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,045.00
+0.9%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos