.

Nóg ’n botsing eis 2-jarige

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Maandag was daar weer ’n noodlottige ongeluk op die stuk pad verby die Rawsonville-weegbrug.  Foto's: Yasar Ismail
Maandag was daar weer ’n noodlottige ongeluk op die stuk pad verby die Rawsonville-weegbrug. Foto's: Yasar Ismail


Drie mense is Maandag in ’n ongeluk naby die Rawsonville-weegbrug oorlede.

Volgens ’n woordvoerder van die Rawsonville-polisie het dié ongeluk omstreeks 06:45 tussen ’n motor en vragmotor plaasgevind. Dié ongeluk het op dieselfde stuk pad plaasgevind waar verlede Dinsdag (28 September) se noodlottige ongeluk gebeur het. Vier mense het in verlede week se ongeluk omgekom en omtrent 11 mense het verskeie beserings opgedoen.

ongeluk weegbrug
Drie van hierdie motor se vier insittendes is oorlede.

“Drie van die vier insittendes van die motor is op die toneel oorlede, waarvan een ’n tweejarige kind is,” verduidelik die woordvoerder oor die jongste voorval.

Die motor was onderweg vanaf die Kaap en op pad om die 20-jarige insittende en ook die enigste oorlewende, na Boland-kollege te neem.

“Die blou Honda wou regs by die weegbrug indraai terwyl die vragmotor vanaf Worcester se kant af gekom het. Die vragmotor het in hierdie situasie die reg gehad om links na die weegbrug in te draai, maar volgens die bestuurder van die vragmotor het die bestuurder van die motor voor hom ingeswaai en dit was te laat om betyds te rem,” sê die woordvoerder.

Dit blyk met die impak van die botsing het die motor oor die teer gegly en met sy neus in die rigting van die tonnel tot stilstand gekom. Die oorlewende se bene is gebreek, maar haar 47-jarige ma, 53-jarige pa en tweejarige kind is in die ongeluk oorlede. Soos met verlede week se gru-ongeluk, was die verkeer weer met ’n stop-en-ry-proses gereguleer en die pad vir ’n kort tydjie gesluit sodat die polisie die toneel kon afneem en die wrakstukke van die pad kon verwyder.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.38
+0.4%
Silwer
24.40
+0.3%
Palladium
2,063.50
+1.9%
Platinum
1,042.26
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos