.

R1,9 miljoen vir twee maande se ‘waghou’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Ongeloof . . .

Dít was die reaksie van sommige raadslede by die jongste raadsvergadering toe hulle hoor dat die munisipaliteit sowat R1,9 miljoen betaal het vir twee maande se veiligheid by sy persele.

Standard het op 16 September(“Vrae oor tenderproses”) berig oor die ontevredenheid van ander sekerheidsmaatskappye in die dorp rakende die tenderproses by die BVM.

Toe raadslid Colin Wilskut (BO) kennis neem van die bedrag wat aan die sekerheidsmaatskappy vir slegs twee maande betaal is, wou hy by die munisipale bestuurder weet of daar nie beter veiligheidsmaatskappye in die dorp is vir minder as een miljoen rand ’n maand nie.

“Daarom kan ons nie saamstem dat die administrasie twee miljoen rand vir twee maande bestee nie. Dit met ’n swakker en onvolledige diens,” het Wilskut gesê.

Volgens Wilskut het die munisipale bestuurder by ’n vorige geleentheid aan die raad gesê daar was ’n bedrag aan die sekerheidsmaatskappy verskuldig tydens die vorige tenderperiode en dat dié bedrag ook in die miljoene beloop het.

“Kan u eerlik wees en sê hoeveel dit vir ons ’n jaar kos as dit R2 miljoen vir twee maande kos. Voorsitter, dit is nie regverdig teenoor ander maatskappye dat een ou soveel geld maak terwyl almal deur Covid geraak is nie. As dit net ‘warm bodies’ (fisieke wagte) is, kan u dit by enige ander kontrakteur kry. Ons praat nie van pantservoertuie of spesialisdienste nie,” het Wilskut bygevoeg.

Volgens hom is dit verregaande, want belastingbetalers betaal duur vir die munisipaliteit se “mildelike uitgee van geld”

In antwoord op raadslid Wilskut se vraag het die munisipale bestuurder, David McThomas, gesê almal sal saamstem dat die BVM nie die regte waarde vir geld ontvang het nie.

“Dit is ook die rede waarom ons na ’n nuwe tenderproses gegaan het. Die nuwe tenderproses is om aan die een kant meer waarde vir geld te ontvang en gebruik te maak van ’n alternatiewe veiligheidstelsel wat meer omvattend en doeltreffend sal wees. Dit is waarna ons beweeg en dit is die nuwe tender, maar die nuwe tenderproses op sigself het sekere besware gehad en ons moet eerstens deur die appèl-periode gaan voordat die nuwe tender kan begin, en dit is wat voor ons lê,” het McThomas gesê.

Volgens McThomas word die uitgawes aan die appèlproses toegeskryf. Hy gee toe dat dié uitgawes vir dié tydperk nie ten volle waarde vir geld is nie. McThomas het aangevoer dat wanneer die appèlperiode afgehandel is, die BVM dan sal kan begin met die nuwe tender, wat baie meer kostedoeltreffend sal wees.

Volgens McThomas voldoen die nuwe tender aan al die verkrygingsreëls. Hy voer aan dat die BVM nie sy persele sonder toesig kon laat tydens die appèlperiode nie en moes voortgaan met die huidige tenderaar/maatskappy.

Volgens raadslid Naomi Nel (VF Plus) is die administrasie nie bevoeg nie. Volgens haar sou die tenders andersins vroegtydig uitgesit gewees het en sou dit nie nodig gewees het vir afwykings of oorskrydings nie.

“Ek hoor die munisipale bestuurder sê die stelsel het nie gewerk nie. Wie het daardie stelsel daargestel? Ons moet eers miljoene betaal voordat ons agterkom dat ’n stelsel nie werk nie. Ons bestee miljoene rande om geboue op te pas terwyl ons mense van die honger doodgaan, en onskuldige kinders doodgeskiet word, want daar is nie beskerming vir hulle nie. Ons mense in Riverview en Avianpark het geen beskerming nie,” het Nel aangevoer.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,800.24
+0.4%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,033.50
+0.6%
Platinum
1,044.39
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.6%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos