.

R4,5 m. se tik gekry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sers. Bertie Jaftha, sers. Zane Swanepoel, konst. Cornelius van Huyssteen en Snoekie van die K9-eenheid het die grootste tikvonds nóg in die Breedevallei gemaak.  Foto: Marlene Jordaan
Sers. Bertie Jaftha, sers. Zane Swanepoel, konst. Cornelius van Huyssteen en Snoekie van die K9-eenheid het die grootste tikvonds nóg in die Breedevallei gemaak. Foto: Marlene Jordaan

’n Klein, viervoetige lid van die polisiediens het, tesame met sy mens-kollegas, die grootste tikvonds nóg in die Breedevallei gemaak toe hy tik van R4,5 miljoen in ’n vragmotor uitgesnuffel het.

Vir Snoekie die Jack Russell, ’n dwelmhond van die Worcesterse K9-eenheid, was dit ook ’n gepaste afsluiting van sy roemryke loopbaan. Hy tree volgende jaar af om ’n sopbeen of twee op sy hanteerder, sers. Zane Swanepoel, se grasperk te gaan geniet.

Dié vier lede – Snoekie, Swanepoel, sers. Bertie Jaftha en konst. Cornelius van Huyssteen – was die afgelope Sondag om 14:00 op patrollie toe hulle inligting kry dat ’n vragmotor met tik iewers op die N1 onderweg is.

“Ons het tussen De Doorns en Worcester gery toe ons die vragmotor van voor af sien kom. Ons het dit aan die nommerplaat uitgeken,” vertel Van Huyssteen. “Ons het omgedraai en dit ingejaag en voorgekeer.”

Die polisiemanne sê twee mans was in die vragmotor en die polisiemanne het die bestuurder en passasier beveel om uit te klim.

By nadere ondersoek het hulle drie bakke met wat vermoedelik tik was, agter die bestuurder se sitplek gevind. Die bestuurder het vir die beamptes gesê dat dit “ ’n onwettige soort spice” uit die buiteland is. Die beamptes het egter natuurlik nie vir dié storie geval nie.

“Reeds toe het ek geweet hierdie is verskriklik baie tik,” vertel Swanepoel.

Snoekie is toe ontplooi, en het baie gou ’n uitwysing by ’n groen Adidas-sak en ’n hout-kompartement, ook agter die bestuurder se sitplek, gemaak.

“Ons was nie seker wie, en of, iemand in ’n ander voertuig saam met hierdie vragmotor beweeg het nie, dus het ons vinnig backup aangevra en die vragmotor is polisiekantoor toe geneem om behoorlik deursoek te word.”

Altesaam 25 houers met tik met ’n geraamde waarde van R4,5 miljoen is gevind. Die polisie het daarop beslag gelê en die mans is in hegtenis geneem.. Snoekie is ’n baie besonderse hond. Sy verhaal begin toe Swanepoel hom opgetel het nadat hy verwese twee dae lank ná ’n bendeskietery rondgedwaal het.

“Ek het toe ’n patrolliehond gehad en Snoekie huis toe geneem. Daar het ek met hom gespeel en later agtergekom hoe slim hy is. Ek het besluit om hom op te lei,” vertel Swanepoel.

Snoekie en sy nuwe baas is toe Pretoria toe, waar hy as dwelmhond opgelei is om dwelms soos tik, Mandrax, kokaïen, heroïen, ecstacy en dagga te kan uitwys.

Van toe af het Snoekie ’n reuse-invloed gehad op almal met wie hy in aanraking gekom het. Hy was ’n gereelde gesig by hondevertonings, wat die beeld van die polisie by veral skoolkinders verander het. Hy het ook deur sy snuffelwerk al menige dwelmhandelaar se loopbaanvooruitsigte belemmer.

“Snoekie het ’n groot rol gespeel om weer vertroue van die gemeenskap in die polisie te hervestig. Hy het nie net in die Vallei gewerk nie, maar ook op ander plekke. Ons was al baie in die Kaap om daar te gaan werk. Snoekie gaan waar hy benodig word,” sê Swanepoel.

Intussen kan Snoekie binne ’n paar maande lekker gaan rus met die wete dat hy deel was van die grootste dwelmvonds in die Breedevallei. En dis gewis ’n groot been werd.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos