.

Rowers slaan toe op begrafnisgeld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Lede van 'n begrafnisvereniging in Zwelethemba, Worcester, ly aan skok nadat hulle deur gemaskerde mans van 'n groot som geld beroof is. Sommige lede van die vereniging is aangerand.

Die rooftog op 8 Oktober was die tweede een wat by die genootskap plaasgevind het.

Volgens 'n getuie - 'n lid van die komitee van die amaQwathi Burial Society ­- wat tydens die voorval teenwoordig was, het die rowers by die perseel van Lingelihle Sewing in Fulangstraat ingestap. Dit is waar die geld weekliks ingesamel word. Die lede het pas die week se geld ontvang.

Minute nadat die rowers met die onbekende bedrag van die toneel gevlug het, is die res van die lede in kennis gestel deur die WhatsApp-groep van die begrafnisvereniging.

'n Vrou, wat deel uitmaak van die komitee en span wat elke week die geld insamel, het aan die lede,  wat hulle onmiddellik daarheen gehaas het, dat drie gemaskerde en gewapende mans al die geld gevat het.

Tydens die rooftog het die drie rowers die komiteelede opdrag gegee om onder die tafel in te kruip en hulle aangerand voordat hulle met die kontant, sowel as hul selfone en motorsleutels vanaf die toneel gevlug het.

"Die polisie het tien minute nadat die voorval aangemeld is, daar aangekom en agt getraumatiseerde mense in die klein onderneming se perseel aangetref," sê sers. Vathiswa Jacobs, woordvoerder van die Worcester-polisie.

Die voorval het 'n jaar ná ‘n vorige rooftog in Londistraat, Mandelaplein, plaasgevind. Vier gewapende mans het die kerk wat die begrafnisvereniging toe gebruik het om die geld bymekaar te maak, ingekom en ook met 'n groot bedrag geld weggekom.

Dit was hoekom amaQwathi 'n ander versamelpunt moes kry. Hulle het uiteindelik in 'n klein geboutjie aan die agterkant van Lingelihle-naaldwerk ingetrek.

'n Noodvergadering is verlede Sondag belê, waar lede hul kommer uitgespreek het oor die veiligheid van die komiteelede en die finansiële toestand van die begrafnisvereniging. Hulle het voorgestel dat daar na 'n ander manier gekyk word om die geld weekliks in te samel.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10
India A 245/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.80
+0.3%
Rand - Pond
20.93
+0.3%
Rand - Euro
17.84
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.27
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,786.97
+0.2%
Silwer
22.42
-0.4%
Palladium
1,863.11
+0.5%
Platinum
965.00
+0.8%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
66,316
-0.3%
Alle aandele
72,740
-0.3%
Hulpbronne 10
69,306
-1.2%
Industriële 25
96,203
+0.2%
Finansiële 15
14,216
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos