.

Soekie bly oor meer tyd vir haarself

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Soekie la Grange tree ná 38 jaar af. Foto:
Soekie la Grange tree ná 38 jaar af. Foto:

Ná 38 jaar in die polisiediens tree Rawsonville-polisie se hoof van ondersteuningsdienste uit.

Catharina la Grange, ook bekend as Soekie, sê sy sien uit na haar aftrede.

“Heel eerste gaan ek baie tyd aan myself bestee,” het sy baie opgewonde vertel.

La Grange het die laaste 10 jaar van haar loopbaan by die Rawsonville-polisiekantoor gewerk. Voor dit het sy vir ’n tyd in Worcester gewerk en het ook vroeër in Benoni gewerk.

Sy het egter haar loopbaan by die Touwsrivier-polisiekantoor begin. Volgens haar het sy hard gebid oor of sy by die polisie moet aansluit of nie.

“Daai jare was daar mos nie ’n groot verskeidenheid van loopbaankeuses nie. Ek het by die hotel gewerk en moes eendag polisiekantoor toe gaan om goed te laat waarmerk. Daar gekom, toe vra die persoon wat my help of ek nie by die Suid-Afrikaanse Polisiediens wou aansluit nie.

“Ek het toe baie gebid oor die saak en die Here het my geantwoord en ek is toe kollege toe,” herroep sy.

Haar rol by die stasie was om seker te maak dat alle administratiewe take glad verloop.

“Ek moes seker maak dat alles reg werk en dat almal gelukkig is, want ’n ongelukkige polisiebeampte gaan nou nie juis lekker werk nie. So dit was alles my verantwoordelikheid om seker te maak dinge word gedoen en na omgesien.”

Alhoewel die 58-jarige al haar mense, kollegas en bejaardes gaan mis, voel sy goed oor haar aftrede.

“Ek gaan baie my mense mis. Ek gaan ook die bejaardes mis, want ek is baie lief vir bejaardes en om vir hulle te help met al hul goedjies wat gedoen moet word. Dit was baie lekker vir my om ander so gelukkig te maak deur die jare. En my gunstelingdeel om lid van die polisie te wees, was om te sien hoe individue volwaardige polisiebeamptes word.”

Ná haar 38 jaar diens bedank sy almal wat haar deur die jare ondersteun het.

“Heel eerste moet ek die Hemelse Vader bedank vir die geleentheid wat Hy my gebied het, want nie almal is bevoorreg om ’n polisiebeampte te word nie. Dankie aan my man, Piet, die bouer, vir die bystand en motivering asook my kinders en skoonkinders vir hul oneindige bemoediging.”

Vir nou gaan Soekie meer tyd saam met haar kinders en kleinkind deurbring en nog meer tyd vir haarself maak.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,800.24
+0.4%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,033.50
+0.6%
Platinum
1,044.39
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos