.

Spoeg koeël uit, bestuur self na hospitaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brent Burger van Bonnievale in die hospitaal nadat hy deur sy wang geskiet is.
Brent Burger van Bonnievale in die hospitaal nadat hy deur sy wang geskiet is.

WAARSKUWING: BERIG BEVAT 'N FOTO WAT SENSITIEWE KYKERS KAN ONTSTEL.

’n Bonnievaler het, nadat hy die koeël waarmee hy deur die wang geskiet is eers uitgespoeg het, hom sélf hospitaal toe bestuur.

Brent Burger het Donderdag (14 Oktober) in die vroeë oggendure die dood in die oë gekyk toe twee mans sy voertuig met klippe bestook het en ’n skoot op hom en sy passasiers afgevuur het.

Die skoot het Burger in die wang getref, alles terwyl sy vyfjarige seun op die agtersitplek gesit het.

Die voorval het omstreeks 01:00 plaasgevind toe Burger, sy seuntjie en sy vriend Johan van der Merwe spinasie by die groentemark in Kaapstad gaan aflewer het.

Volgens Burger se vrou, Lome, het haar man om 19:00 vanaf Bonnievale gery Kaap toe en omstreeks 23:30 het hy gebel om te sê dat hulle op pad is huis toe.

“Hulle het so 00:30 deur Rawsonville gery en omstreeks 01:00 was hulle by die vierrigtingstop by Avianpark en die Villiersdorp-pad,” vertel Lome.

Volgens haar het twee mans op die hoek gestaan aan die bestuurderskant by Brent toe hy by die stopteken tot stilstand gekom het.

“Een van die mans het ’n groot klip gegooi wat die motor tussen die bestuursruit en die voorruit op die paneel getref het. Toe Johan kyk wat aangaan, het hy die man gesien met die geweer,” vertel sy.

Volgens Lome is een skoot deur die bestuursruit geskiet wat vir Brent in die wang getref het. Sy voeg by dat die koeël sy boonste kaak en tande, asook sy tong, beskadig het.

“Wonder bo wonder het hy nie sy bewussyn verloor nie en eintlik die patroon uitgespoeg, wat absoluut ’n wonderwerk is,” voer sy aan.

Volgens Lome was dat dit die Here se genade wat by haar man was.

Die gat in Brent Burger se wang.

Sy sê dat haar man vinnig weggery het tot by die Aan de Doorns-kelder-pad, waarna hy tot op die kruising by die Robertson pad gery het en weer links gedraai het om hom na die MediClinic te ry.

“Toe hy by die hospitaal kom, was ek so dankbaar dat Johan by was, want hy het my seuntjie so beskerm dat hy nie kon sien wat met sy pa aan die gang was nie. So, hy het nie alles gesien nie, hy dink dat die klip wat die man gegooi het sy pa seergemaak het,” sê Lome.

Volgens haar is haar man 04:00 in die intensiewe waakeenheid opgeneem en is hy dieselfde oggend omstreeks 11:00 geopereer. Die koeël het sy kakebeen gebreek, asook ’n gat in sy wang gelaat.

“Brent sê dat hy op ’n stadium sy mond toegemaak het en deur die gat in sy wang asemgehaal het,” vertel Lome.

Volgens Lome was Brent agt jaar gelede in ’n ongeluk wat hom verlam gelaat het en die dokters het nie geweet of hy ooit weer sal kan loop nie. Sy verduidelik toe sy die oproep kry dat Brent geskiet is, het sy vir haarself gesê dat sy net dankbaar is dat haar man lewe en dat hul seun veilig is.

Volgens Lome hou sy geen kwade gevoelens teen die man wat Brent geskiet het nie. “Mens kan net vir hulle bid sodat hulle kan besef wat hulle doen,” sê Lome.

Die polisie het die voorval bevestig. Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10
India A 265/9
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 238/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.86
+1.2%
Rand - Pond
21.10
+0.9%
Rand - Euro
17.96
+1.2%
Rand - Aus dollar
11.28
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+1.6%
Goud
1,771.06
-0.6%
Silwer
22.35
+0.1%
Palladium
1,746.00
+0.1%
Platinum
941.50
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,771
-0.0%
Alle aandele
71,190
-0.0%
Hulpbronne 10
67,504
-0.5%
Industriële 25
94,182
+0.2%
Finansiële 15
13,923
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos