.

Valentine skree op speurder in hof, borg geweier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wilmar Valentine het vlugtig in die hof verskyn vir die mes­aanval op sy voormalige meisie.
Wilmar Valentine het vlugtig in die hof verskyn vir die mes­aanval op sy voormalige meisie.

Wilmar Valentine, wat aangekla word van poging tot moord op sy eks-meisie Erin Fourie van Worcester, het sy humeur so in die hof verloor dat hy uit die beskuldigdebank op die ondersoekbeampte geskree het.

Dié toneel het hom Woensdag afgespeel in die Worcester-hof toe Valentine verskyn het om aansoek te doen om borgtog.

Valentine het na bewering sy vriendin Erin Fourie (30) op 5 November 24 keer in haar klaskamer by die skool gesteek en haar vir dood gelaat.

Volgens die polisie, het Valentine na bewering oor die heining by die skool waar Fourie ’n onderwyser is gespring, haar konfronteer en toe herhaaldelik gesteek het.

Hy het daarna gevlug en is later dieselfde dag deur die polisie in Robertson aangekeer.

Borg-aansoek

Tydens die borgtogverhoor Woensdag was die ondersoekbeamte in die saak, ao. Reevah Readien, in die getuiebank. Chris Byleveld van LegalAid in Worcester, Valentine se regsverteenwooriger, het voortgegaan met kruisondervraging.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Eric Ntabazalila, het Valentine tydens die kruisverhoor sigbaar opgewonde geraak. Volgens hom het Valentine sy humeur verloor en begin skree en gil dat die speurder jok.

“Die voorsittende beampte, landdros Sogwagwa, het die hof verdaag vir meneer Byleveld om met sy kliënt te praat. Met die hervatting van die saak het meneer Byleveld sy kruisondervraging afgesluit,” verduidelik Ntabazalila.

Sogwagwa het die beskuldigde se borgtogaansoek geweier en Valentine bly in aanhouding.

Ntabazalila sê die staat het ook ’n petisie van die gemeenskap by die hof ingedien waarin gevra word dat beskuldigde borgtog geweier word.

Die saak is uitgestel tot 12 Januarie vir verdere ondersoek.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.13
+1.3%
Rand - Pond
20.64
+1.1%
Rand - Euro
17.14
+1.4%
Rand - Aus dollar
10.99
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,840.60
-0.0%
Silwer
24.53
+1.6%
Palladium
2,058.50
+2.8%
Platinum
1,048.00
+2.1%
Brent-ruolie
88.44
+1.1%
Top-40
69,587
+0.1%
Alle aandele
76,233
+0.1%
Hulpbronne 10
77,182
+0.2%
Industriële 25
95,831
+0.2%
Finansiële 15
15,111
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos