.

Klein dorp, groot netbaldrome

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
The team that will be departing to Magaliesburg are, from left, Ronavia Shreuder, McKayla Oliphant, Ambri-Lee Januarie, Keshe Bostander, Elize Smith, Tazlyn Dolmacht, Caitlin Albanie and Senice Anthony. Insert: Ayanda Matross, who was absent during the taking of the photo.
The team that will be departing to Magaliesburg are, from left, Ronavia Shreuder, McKayla Oliphant, Ambri-Lee Januarie, Keshe Bostander, Elize Smith, Tazlyn Dolmacht, Caitlin Albanie and Senice Anthony. Insert: Ayanda Matross, who was absent during the taking of the photo.

'n Netbalspan afkomstig uit 'n gemeenskap waar ontberings, werkloosheid en onderontwikkeling deel uitmaak van hul daaglikse lewens, gaan Magaliesburg toe om aan 'n gesogte toernooi deel te neem.

Ten spyte van die uitdagings wat hulle die hoof moet bied, gaan dié jong meisies van Touwsrivier probeer om hul skool, hulself en hul gemeenskap trots te maak wanneer hulle in die Kay Motsepe-skoletoernooi  deelneem en gaan meeding om 'n podiumplek teen spanne van reg oor die land heen. De Kruine Sekondêre Skool se o.15-netbalspan reis Donderdag (14 Oktober) na Magaliesburg om deel te neem aan die jaarlikse Kay Motsepe-skolebeker.

 Die toernooi is begin deur Patrice Motsepe ter nagedagtenis van sy ma, wat 'n integrale rol in sy lewe gespeel het deurdat sy hom deur skool en universiteit aangemoedig het en hom deur die goeie en slegte tye ondersteun het.

 Die span hoop om met hul terugkeer op 17 Oktober ten minste een van die drie beste plekke se medaljes in hul sak te hê.

Die bevordering van sport vir meisies sluit aan by een van die Motsepe-stigting se breër doelwitte, naamlik die bevordering van geslagsgelykheid en bemagtiging van vroue. In samewerking met die departement van basiese onderwys bied die Kay Motsepe-skolenetbaltoernooi 'n geleentheid vir o.15-meisies om mededingend deel te neem. Die stigting het in 2016 begin om vir die volgende  tien jaar R2 miljoen per jaar te gee vir die ontwikkeling van netbal in skole.

Die drie wenspanne in die nasionale toernooi kwalifiseer om aan die o.15 internasionale netbaltoernooi in Singapoer deel te gaan neem. Volgens die skool se netbalkoördineerder, Petro Prins, is hul doel as span om na die beste van hul vermoë te presteer.

“Daar is baie faktore wat ons benadeel, soos die gebrek aan befondsing, dat ons in 'n landelike gebied en in ‘n dorp met sosiale probleme is, waar ouers in die wingerde om De Doorns werk. Maar ons werk regtig hard in aanloop tot hierdie toernooi,” sê Prins.

Sy noem verder dat die toernooi 'n hoogtepunt vir die leerders is, veral so aan die begin van hul hoërskoolloopbaan. “As afrigter motiveer die kinders my ook om voort te gaan, ondanks die uitdagings van bendes, dwelms en alkoholmisbruik in ons gemeenskap. Ek probeer ook my bes om hulle te ondersteun en aan te moedig om nooit op te hou met droom nie.”

Op die vraag wat die deelname aan die toernooi vir die skool beteken, sê sy: “Vir De Kruine beteken dit baie, aangesien dit 'n bewys is van die gesegde dat 'n mens se omstandighede nooit jou lewe moet bepaal nie. Iets wat ons die leerders gereeld leer.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,801.56
+0.5%
Silwer
24.45
+0.3%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,045.04
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.4%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos