.

Sand kortwiek nie sy toerdrome nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jaco Keller
Die 18 km lange sandstrook.
“Ek het nie gedink die sandstrook sou sò dik en sò lank wees nie.”

Sò sê die ywerige fietsryer Jaco Keller, wat onlangs teruggekeer het van 'n fietstoer wat gestrek het vanaf Garries al met die kus langs en tot in Worcester.

Hy het die ses dae lange avontuur saam met Adele Zeelie, 'n vriendin, aangepak. Die rit het op 24 Oktober begin, en hy sê toe hulle terug is by die huis, het hulle hulself belowe om dit nooit weer te doen nie.

"Twee weke daarna, toe beplan ons ons volgende reis," sê Jaco terwyl hy 'n sluk van sy melkskommel neem.

Volgens Keller, wat nou al 'n paar maande reeds op vroeë pensioen is, maal die idee om op 'n fietsrit te gaan al 'n rukkie in sy kop. “Daar is vir my gesê ek is mal.”

Dit het hom egter nie afgeskrik om die avontuur na te jaag nie. Hy vertel dat vriende hom en Zeelie na Garries in die Noord-Kaap geneem het, waar hul reis begin het.

Die eerste dag het hulle die 79 km na Groenrivier gery, waar hulle gerus het en vir die volgende dag voorberei het.

"Daar is absoluut niks daar nie, dit is net ‘n droë stuk kamp," wys Keller uit.

Op die tweede dag van hul fietsavontuur het die twee ryers die berugte sandstrook bereik. Tot hul verbasing het dit oor 18 km gestrek en was dit nie die kort afstand soos vriende gesê het dit is nie.

Hier moes hulle afklim en die fietse deur die dik sand stoot. “Stel jou nou voor ons dra al ons bagasie, wat sowat 21 kg geweeg het, terwyl ons ons fietse vir 18 km in versengende warm toestande stoot. Dit het soos die Survivor-reeks gevoel,” sê Keller en lag.

jaco keller
Jaco Keller op sy geliefde fiets.
Maar hulle is vinnig uit hul ellende gesit deur 'n diamantprospekteerder wat hulle opeglaai en na Namakwaland geneem het.

"Daardie man was 'n engel wat van bo af gestuur is," sê Keller met 'n sug van verligting.

Keller vertel die derde dag van hul toer was 'n taamlike kort een, wat hulle ten volle benut het om van die vorige dag te herstel. Die twee Worcesteriete het op die vierde dag 89 km per fiets na Elandsbaai gery, waar hulle die sonsondergang oor die see geniet het.

"Dag vyf was 'n cracker," vertel Keller. “Ons het 117 km binneland toe gery, die meeste daarvan in die reën, en dit was lekker. Ons moes afkoel van die 41 °C wat ons twee dae tevore in die sandstrook getref het.”

Die volgende dag het hulle na Porterville gery, en toe teruggekeer huis toe waar vriende en familie hulle ingewag het.

Na talle jare by Brandvlei Korrektiewe Dienste, is Keller doodseker dat fietstoer nou sy nuwe passie is.

Afgesien van hierdie reise, het Keller ook fiets-packing gedoen. Dit is waar ‘n fietsryer vir ‘n paar dae lank oor verskeie soorte terreine ry, met ‘n drarak aan sy fiets wat die nodige behoeftes, soos ‘n tent, saamdra. Hy het ook al twee Cederberg-ritte gedoen en beplan beslis in die nabye toekoms meer fietsry-avonture.

Indien iemand in 'n fietsavontuur belangstel, kan hulle 'n e-pos stuur na jaco.keller@gmail.com.

besig om te laai... Regstreeks
SuperSport United 0
Sekhukhune United FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Tottenham 0
Norwich City 0
besig om te laai... Regstreeks
Manchester United 0
Crystal Palace 0
besig om te laai... Regstreeks
Leeds United 0
Brentford 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos