.

Spurs laat hulle toe nie onderkry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die eindronde wat hom Saterdag 2 Oktober tussen View of Hope en Worcester Spurs op Esselenpark afgespeel het, het al die bestanddele vir die fynproewers gehad, naamlik briljante doele, goeie voetwerk, goeie doelwagterspel, beserings en dan natuurlik omstredenheid.

Die wedstryd het in lekker winderige toestande begin, met die besoekers, Spurs, wat die loot wen en besluit om eerste die wind teen hulle te gebruik. Die eerste helfte word ook in die middelveld uitgewoed met Hope se generaal Kelvin Butland, en die jong talentvolle Riediwaan van Rooi kort op sy hakke, hulle twee onderskat die eerste paar minute die wind, maar ná ’n paar te harde aangeë begin hulle later die wind baasraak en bring die vleuels Tyrique Fourie en Demetrio Olyn in die wedstryd, wat op hul beurt goeie aangeë vir die doelskieters lewer.

Die eerste kwota briljantheid gebeur met sowat 15 minute verstreke toe Hope ’n hoekskop kry, wat Demetrio op kaptein Dillon Fortuin se kop plaas; sy kopskoot beland teen die opponent se verdediger se arm, en skeidsregter Riaan Nonnies ken ’n strafdoel toe aan Hope. Dimitri van Rooi tree aan om die doel te behartig, maar Spurs se doelwagter keer sy skop af, en nog ’n doelskop word toegeken. Dieselfde gebeurtenis speel hom af van die hoekskop van Demetrio, en nog twee doelskoppe word toegeken en hierdie keer kom Kelvin Butland nader. Ook sy skop word afgeweer met goeie doelwagterspel. Met 25 minute se speeltyd verstreke kry Kelvin ’n bal buitekant die kwartgebied en hy vergoed vir sy flater met die doelskop deur seker nie net die doel van die dag nie, maar ook baie na aan die doel van die seisoen, wat die doelwagter maar net verslae kon aankyk toe dit die agterkant van die net tref (1-0).

Spurs, nou wakker geskud, begin nou die middelveld domineer en met een van hul aanvalle kom Hope se sterverdedigers Junaid Pietersen tweede daarvan af, hy word afgedra van die veld, maar met sy kanniedood houding kom hy weer op, maar hinkepink. Met een van Spurs se aanvalle sukkel hy om by die spel te kom, en Spurs teken die gelykmaker aan (1-1). Die afrigtingspan haal Junaid van die veld af en vervang hom met Iwaan Helm; dit bring mee dat die verdediging nou geskommel moet word met Tyrone Lotterie wat nou die rol van Junaid moet oorneem. Die spanne gaan drink ook water met die telling (1-1).

Die tweede helfte begin met Hope wat vir Tyrique vervang met Howard Anthony, en dit bring mee dat daar nou van alle kante spoed aan die voorste linie is van Hope en hulle treiter Spurs nou met hul aanvalle, hulle speel nou soos bekendes van ouds, duidelik meer positief met die wind in hul gesigte. Met een van die aanvalle stuur Riediwaan sy ouboet Dimitri weg na die doelpale en ook hy vergoed vir sy blaps met die doelskop, met net so ’n briljante doel, wat almal om die veld na hul asem laat snak. Hope loop voor (2-1).

Met nog 15 minute speeltyd oor maak die Hope-afrigtingspan nog twee veranderings en vervang die kreupel verdediger Jaden Goolam met Leighton Goliath en vir Olyn met Brandon Hendricks. Van een van Hope se aanvalle klop Dimitri van Rooi Spurs se verdedigers met sy spoed asook die doelwagter, maar die bal tref iets, of dalk die paal, want die bal spring die lug in op eerder as grondlangs terug soos wat dit geskop is. Brandon sukkel om die hoë bal onder beheer te kry, en nog ’n kans gaan verlore. Spurs kry ’n strafdoel op die middellyn waar daar ’n 50/50-aanpak plaasvind tussen die twee middelveld opponente, in die proses word Hope se ander ster, Kelvin Butland, ook van die veld gedra met ’n enkelbesering.

Intussen neem Spurs die strafdoel, en ’n blaps deur Hope- verdedigers veroorsaak dat Spurs die gelykmaker aanteken.

In die laaste minuut van speeltyd, met Hope nou 10-man op die veld, want die afrigtingspan kon nie nog ’n plaasvervanger opstuur in Kelvin se plek nie, val Spurs weer aan en die bal beland by een van hul voorspelers baie duidelik in ’n onkant posisie, want hy staan letterlik langs Hope se doelwagter, hy teken hier die omstrede doel aan wat skeidsregter Riaan toeken, met beswaar van Hope se kaptein, Dillon Fortuin.

Die wedstryd eindig kort daarna met 2-3 in Spurs se guns. Dis ’n jammerte dat so ’n goeie wedstryd in so ’n omstredenheid moes eindig.

Hope se afrigtingspan wys Tyrone Lotterie aan as speler van die wedstryd, ná sy briljante verdediging.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos