.

Tigers se dinamiese spel gee deurslag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Mountain Tigers, die wenners van die wedstryd.Foto:
Mountain Tigers, die wenners van die wedstryd.Foto:

Verlede Saterdag, 2 Oktober, het die vierde en sesde geplaaste klubs van die Rawsonville distrikte se sokkervereniging (Rodsa), naamlik Mountain Tigers en Young Pumas, op Merwidaplaas teen mekaar te staan gekom.

Van die begin het Tigers probeer om sy stempel op die wedstryd af te druk, want die seisoen begin einde se kant toe staan en elke klub wil in die topvyf van die kompetisie eindig.

Aan die spel van Tigers se jong spelers kon jy die groei sien, asook die impak van die afrigterskorps. In die 25ste minuut het Bronwon Swartz, Tigers se topdoelskieter, Pumas se nette laat raas en die telling was 1-0.

Die Pumas het kort daarna sy kanse verspeel om die gelykmaker aan te teken. Die Tigers-doelwagter het sy pogings met gemak gekeer. In die tweede helfte het ’n nuwe Pumas-span opgedaag. Godfrey Maya se troepe het die Tigers-doelhok met mening aangeval.

Die hardnekkige Tigers- verdediging het gehou totdat hul kaarte inmekaar geval het en hulle ’n eie doel aangeteken het. Ná die gelykmaker het Mountain Tigers egter ander idees gehad om as oorwinnaars van die veld af te stap.

Die taai wedstryd het aan al die verwagtinge voldoen, want die toeskouers het tot die bitter einde aan hul spanne geglo. Pumas se dissipline het hulle soms in die steek gelaat en die Louws­hoekers het dit uitge­buit. Austin Esau se dina­miese spel in die 87ste mi­nuut het die wendoel vir Tigers beteken. Die eindtel­ling was 2-1. Swartz is die speler van die wedstryd.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.26
+0.4%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,053.93
+1.5%
Platinum
1,041.64
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos