.

Villa wen met net 14 man

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Villa se trotse span ná sy oorwinning oor Proteas.
Villa se trotse span ná sy oorwinning oor Proteas.

Villagers Worcester (Villa) moes die afgelope Saterdag tot die einde gefokus bly voordat hy sy bure –Proteas – op Bolandpark met 14-13 kon troef.

Dit was nadat die twee spanne teen rustyd nog 7-7 gelyk was.

Die grootuitdaagbekerwedstryd in die Langebergstreek-afdeling van die Boland-rugbyunie het groot belangstelling gaande gemaak en sommer van meet af aan vuurwerke opgelewer.

Die wedstryd self het teen ’n geweldige tempo afgeskop, met veral Villa wat sommer vroeg-vroeg al sy stempel op die wedstryd probeer afdruk het. Vir Villa is sommer in die tweede minuut ’n strafskop toegeken, maar sy losskakel, Yazeed Johnson, se doelskop het die regter regoppaal getref. Kort hierna is nog ’n strafskop aan Villa toegeken. Hierdie keer het Johnson se poging regs verby getrek.

Proteas het hierna hard teruggeslaan en vir etlike minute op Villa se doellyn geboer, met drie strafskoppe agtereenvolgens aan hom toegeken. Sy heelagter, Jonathan Jordaan, het egter met twee van die pogings misluk en sy binnesenter, Tersius Noble, met een.

Die besoekers het egter wel die telbord aan die rol gekry toe die flank Tyrone Snygans met brute krag vir ’n drie oorgebars het, wat Jordaan verdoel het om sy span 0-7 te laat voorloop.

Villa het hierna hard teruggeslaan toe die skeidsregter, Jaybri Philander, van Robertson, ’n strafdrie toegeken het nadat die skrums ná geweldige druk telkemale in duie gestort het.

‘n Gevoelige slag het ongelukkig die tuisspan getref toe sy woelige flank Wayde du Plessis met ’n rooikaart van die veld af gestuur is nadat die assistentskeidsregter ná oorlegpleging beslis het dat Du Plessis ’n gevaarlike duikslag op ’n Protea-speler uitgevoer het.

Rustyd het kort hierna aangebreek, met Villa wat die hele tweede helfte met 14 man moes speel. Ná rustyd het Proteas dié meevallertjie met ’n verwoede aanslag tot hul voordeel probeer uitbuit, wat so amper vrugte afgewerp het. Die tuisspan se verdediging was egter rotsvas en het hierdie aanslag suksesvol afgeweer.

Villa het hierna wel ’n sewepunter gekry toe sy linkervleuel, Chad Horne, in die hoekie ná pragtige interaksie tussen die voor- en agterspelers oorgegaan het. Johnson het boonop pragtig uit die hoekie verdoel om die tuisspan 14-7 te laat voorloop.

’n Strafskop op die tuisspan se tienmeterlyn is hierna aan die besoekers toegeken, wat Jordaan in punte omgeskep het om die agterstand te laat krimp.

Nóg ’n strafskop deur Noble het die agterstand verder laat krimp. Villa het egter hope karakter getoon en weer verdere aanslae met vrug afgeweer om uiteindelik 14-13 – en dit boonop met 14 man – van die veld af te stap.

In die hoofvoorwedstryd van die dag het Villa se naasbestes Proteas se naasbestes 43-12 geklop, met sy regtervleuel, Cubitt Michaeals, die groot uitblinker met ’n driekuns aan drieë. Ook sy veelsydige agterspeler, Austin Hendricks, het sy kant deeglik gebring deur self twee keer agter die doellyn te kuier, terwyl sy losskakel, Damian Hopley, sy teenwoordigheid laat geld het deur ’n drie te druk en ’n strafskop en vyf doelskoppe oor te klits.

In die eerste wedstryd van die dag het Villa C 28-3 gewen nadat hy rustyd reeds 21-0 voor was.VSaterdag reis Villa na Touwsrivier om teen Touwpark te staan te kom.

besig om te laai... Regstreeks
United States of America 310/5
Scotland 206/10
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos