.

Young Stars het groot planne

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die Young Stars-krieketklub van Rhodesstraat het ’n puik jeugontwikkelingsprogram by sy klub wat goeie vrugte afwerp. Die klub, wat al in 2011 gestig is en vanjaar sy tiende bestaansjaar vier, het groot toekomsplanne. Young Stars bestaan uit ’n volledige bestuur met sowat 60 jongmense tussen agt en 25 jaar wat aktief by die klub betrokke is. Volgens Justin Willemse, spanbestuurder, en Devon Vyfer, die voorsitter, probeer hulle as bestuur hul bes om jongmense uit die kwaad te hou. Hul netbalprogram onder leiding van Erina Mclean loop ook klopdisselboom met meer as 20 jongmeisies wat daaraan deelneem. Young Stars het Sondag 3 Oktober teen Quickies in die Gemeenskapsbekertoernooi vasgeval, maar bly positief dat hulle ’n paar bekende spanne in die toernooi gaan skrikmaak. Hul twee spanne wat in die toernooi betrokke is laat geld hulself baie goed. Die volgende wedstryd sal Sondag 10 Oktober plaasvind tussen Young Stars A en Leopards om 15:30 op Dynamopark. Die B-span sal teen Tarranankie om 13:00 op Nuweland speel. Vir enige inligting of om aan te sluit, bel Justin Willemse by 060 532 9426. Op die foto is Young Stars se B-span en op die inlas is hul o.14-span. Foto:

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos