.

Zazon se ervaring help View Pro klop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

’n Wedstryd wat nogal die naweek een van die trekpleisters was in die Riverview-vlakkiekriekettoernooi is Sondag (3 Oktober) tussen View Pro en Zazon op ’n volgepakte View Propark beslis.

Dit was ook ’n beslissende wedstryd wat sal bepaal wie onoorwonne in die eerste ronde eindig.

Zazon wen die loot en stuur vir View Pro in om eerste te kolf. View Pro se openingskolwers is vroeg uit en die hele kolforde stort in duie. Dis net Adrian Jordaan wat dubbelsyfers behaal het met 13 lopies. View Pro is almal uit vir 65 lopies in sy toegelate 15 boulbeurte.

View Pro se boulers vaar baie goed om die meer ervare Zazon-kolwers in toom te hou en beperk hulle net om 75 lopies in hul eerste beurt aan te teken wat hulle ’n voorsprong gee van slegs 10 lopies. View Pro se hoop is nou gevestig op sy top- kolwers om ’n reuseteiken te stel vir Zazon om te jaag. View Pro se kolwers stel erg teleur en die manne val soos vlieë om Leethin Williams wat man alleen probeer het om sy span uit die moeilikheid te kolf. Leethin teken amper ’n 50-tal aan en moes toekyk hoe sy laaste kolfmaat terug stap toe hy uittree met ’n onoorwonne 47 lopies. View Pro is almal uit vir 63 lopies wat Zazon die taak stel om slegs 64 lopies aan te teken vir ’n oorwinning.

’n Mens kon duidelik sien dat daar geen druk was op Zazon se kolwers om die lopies te jaag nie. View Pro se boulers gee hul allerbeste en Zazon kon eers in die 12de boulbeurt die wenlopies aanteken. Zazon wen welverdiend die wedstryd met ses paaltjies wat ook beteken hy eindig eerste in sy groep in die eerste ronde van die toernooi. Die verskil was slegs dat Zazon meer sy ervaring gebruik het om energieke View Pro te klop.

Daar word vuurwerke verwag wanneer die tweede ronde begin. Dit lyk of die spanne ’n blaaskans gaan neem en weer die naweek van 17 Oktober die kompetisies sal hervat.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,798.76
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,054.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
0.0%
Hulpbronne 10
63,244
-0.0%
Industriële 25
86,436
-0.3%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos