Geldhelde
Op VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram Geldhelde ontmoet die TV aanbieder, Lucky du Plessis, inspirerende planmakers, entrepeneurs en geldkenners wat hul suksesstories en raad met kykers deel. Daar sal deur die loop van die reeks kennis gemaak word met verskeie komponente van finansies, spaar, beleggings en algemene geldsake wat Jan Alleman en sy beursie raak.