Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-berigte: Woensdag, 29 Mei 2019

As vandag dalk net te dol was en jy nog nie 'n kans gehad het om na die nuus te kyk nie, kyk gerus na 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

1. Agrizzi: Dok dalk R200 000 op vir k-woord

Angelo Agrizzi kan dalk R200 000 opdok en ’n sensitiwiteitskursus volg as deel van ’n skikkingsooreenkoms met die Menseregtekommissie (MRK) omdat hy die k-woord gebruik het.

2. Snel sluiting van kernaanlegte rede tot kommer

Teen die tempo waarteen kernkragstasies gesluit word kan die wêreld opgeskeep sit met miljarde tonne ekstra koolsuurgasvrystellings. Só waarsku die Internasionale Energieagentskap (IEA) in ’n nuwe verslag wat musiek in die ore is vir die kernkragbedryf, maar pynlik is vir omgewingsgroepe wat kernkrag wil stuit

Jacques Pepler (28)

3. EKSKLUSIEF: Afrikaanse sepiester soek sy trouman

Die sepie-akteur Jacques Pepler (28) sê dikwels weet mense wat jou kritiseer nie wat die prys is wat jy moes betaal om te wees waar jy vandag is nie. Pepler, wat al te siene was in Villa Rosa, Binnelanders en Skeem Saam, het Woensdagoggend openlik gepraat oor sy seksualiteit en oor sy stryd met depressie.

4. Bitcoin ‘teen volgende week’ weer bo $10 000

Die prys van een bitcoin het in die afgelope paar weke weer die hoogte ingeskiet ná ’n uitgerekte tydperk waarin die wêreld se grootste digitale geldeenheid nie juis beleggers na hul asems laat snak het nie.

5. Eskom kort ’n ‘charismatiese leier’

Eskom se nuwe uitvoerende hoof gaan iemand moet wees wat die hele land weer “opgewonde” moet maak oor die kragreus. 

everest
'n Bergklimmer staan met Everest in die agtergrond by Kala Patthar in die Solukhumbu-distrik. Foto: Reuters

6. Everest: ‘Ons moes oor lyke klim’

’n Ervare bergklimmer het die toneel op berg Everest beskryf as “dood, ’n slagting en ’n chaos” terwyl klimmers lyke uit die pad moes druk om die kruin te bereik. Die dodetal staan nou op 11.

7. Hele dorp op veiling te koop

’n Vrystaatse dorpie kompleet met geskiedkundige geboue, ’n magdom van oudhede en 16,4 ha kommersiële, residensiële, landbou- en ontwikkelingsgrond word in Junie op ’n veiling verkoop.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Daily Sun

8. OB takel Gordhan in dringende hofsaak

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), gaan Pravin Gordhan se dringende hofaansoek teenstaan om haar verdoemende verslag oor hom in die Ivan Pillay-aftreesage te laat hersien.

9. Gauteng se nuwe LUR'e: Lesufi weg by onderwys

Panyaza Lesufi, voorheen LUR vir onderwys in Gauteng, gaan voortaan die portefeulje finansies en e-regering bestuur.

10. Toerdagboek: Biltongsmokkel vir beginners

Tinus van Staden, Netwerk24 se verslaggewer in Engeland vir die Wêreldbeker-kriekettoernooi, skryf oor die biltong wat hy ingesmokkel het. 

Meer oor:  10-Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.