Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 geliefde honde vrek nadat swerm bye hulle takel

Drie honde het Donderdag gevrek nadat hulle deur ’n swerm bye op ’n plaas in die Verkeerdevlei-distrik in die Vrystaat getakel is.

Johan Pienaar van die plaas Hibernia was op ’n proefdag op Excelsior toe hy ’n oproep oor die voorval ontvang.

Zorro, ’n boerboelreun, het Donderdag gevrek nadat hy deur ’n swerm bye aangeval is. Foto: Verskaf
Die boerboelteef Sashe het ook in die aanval gevrek. Foto: Verskaf

Volgens Pienaar het ’n swerm bye oor die plaas uitgesak en sy geliefde honde aangeval. Die bye was volgens hom swart van kleur en lyk baie soos die heuningby. Met sy aankoms op die plaas was al drie honde reeds vrek – die boerboelreun Zorro en -teef Sashe, en Max die labrador-reun.

Die honde se braaksel het die hele stoep van die plaashuis bemors en die braaier, tafels en stoele het oral oor die plaaswerf verstrooi gelê.

Die angels was nog duidelik sigbaar in een van die dooie boerboele.

“Ek sou nooit kon dink dat so iets sou gebeur nie. Hulle was jare lank deel van ons gesin en het ons beskerm. Hul dood is ’n groot skok.”

Hy sê genadiglik was sy vriendin en sesjarige dogtertjie, wat allergies vir bye is, nie tydens die voorval op die plaas nie.

Pienaar waarsku ander mense om op die uitkyk te wees vir dié bye, want hy glo nie dit was gewone heuningbye nie.

Dr. Duncan Wentworth, ’n veearts by die Bloemfonteinse dierehospitaal, sê veral honde is sensitief vir ’n bysteek. Behandeling is meestal nie suksesvol nie.

Johan Pienaar sê die dood van sy drie honde is ’n groot skok. Foto: Verskaf

Volgens Wentworth gaan die honde gewoonlik in skok weens die gifstowwe in die angel en moet hulle dadelik by ’n kliniek uitkom.

Burgert Muller, ’n senior wetenskaplike by die Nasionale Museum in Bloemfontein, sê na aanleiding van 'n foto is dit 'n heuningby, maar kan nie presies sê watter tipe heuningby dit is nie.

Meer oor:  Johan Pienaar  |  Bloemfontein  |  Honde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.