Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
7 honde red man se lewe, verjaag luiperd
Van den Heever

’n Bejaarde Pretorianer het waarskynlik sy lewe te danke aan sewe honde wat die luiperd verjaag het wat hom uit ’n boom bespring het.

“Natuurlik het ek groot geskrik toe die reuse-luiperd op my spring,” het Martin van den Heever (81), ’n afgetrede onderwyser, Sondag gesê.

“Ek het op die naat van my rug beland, maar dit gaan al weer baie goed met my.”

Van den Heever het ’n vakansiehuisie op sy broer, Deon, se plaas Karee­kraal, sowat 1 km van Dullstroom af.

Hy sê die voorval Donderdag het hom nie so afgeskrik dat hy nie weer op die plaas sal wil rondstap nie.

“Nee, die luiperd het mos nou groter as ons geskrik.” Nou is die luiperd deur jagters gekwes.

Dit is ’n pragtige omgewing dié wat bekend is as toeriste-attraksie.

Hier kom gereeld luiperds voor, sê Van den Heever.

“Vandag skyn die son al weer helder en die omgewing is pragtig. Wat die voorval my egter geleer het, is dat ’n mens nie met die natuur moet baklei nie.”

Hy sê sy kopwonde is met vier steke toegewerk. Sy linkeroor is byna afgeruk.

Van den Heever en ’n werker, ene Kleinbooi, het na ’n hiëna gaan soek wat vermoedelik al jare lank sy broer se skape en lammers vang.

“Deon het in die bakkie bly sit toe ek en die sewe honde sowat 2 km van die rivierstroom af na die hiëna begin soek het. Dit is toe dat ek van agter bespring is,” vertel hy.

“Ek was bang, want die luiperd was heeltyd die naaste aan my. Maar die honde het hom verwilder en met hom baklei. Hy moes vlug.”

Lollie (81), Deon se vrou, het gesê sy kan nog nie oor die skok kom nie. Sy sê haar groot swart basterhond Appel het ’n gat aan sy sy nadat hy met die luiperd baklei het en Tiekie, ’n klein jackrussell, het ’n paar snye opgedoen.

Lollie sê sy het vir Appel ’n inspuiting gegee sodat hy nie infeksie moet kry nie.

Sy sê hulle het jagters laat kom om die luiperd te soek. Hulle het drie skote op die luiperd gevuur toe hy sowat twee meter van hulle af was, maar hy is net skrams getref.

“Ons leef nog almal in vrees en bewing, want die luiperd is nog op vrye voet.”

Meer oor:  Marietjie Gericke  |  Spring  |  Appel  |  Luiperd  |  Honde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.