Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Adviseur by DUT-koshuis se lyk in kamer gekry

Die naakte lyk van ’n werknemer van die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) is Sondagoggend in sy kamer op kampus gekry, sê die polisie in KwaZulu-Natal.

Die werknemer is intussen geïdentifiseer as dr. Euvette Taylor (30), ’n werknemer en koshuisadviseur in een van die universiteitskoshuise.

Kol. Thembeka Mbhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die man is gevind toe ’n vriend sekuriteit laat weet het dat hy sukkel om hom in die hande te kry.

“Die vriend gaan haal gewoonlik die oorledene vir kerk, maar hy het nie vanoggend (Sondag) gereageer nie,” sê Mbhele.

Die polisie sê die man is naak op sy bed gevind.

Hy het geen uitwendige wonde nie en die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word.

Volgens Mbhele is die man se motor gesteel, maar later weer in Umlazi teruggevind.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Alan Kahn, die woordvoerder van die DUT, sê die universiteit is geskok en hartseer oor Taylor se dood.

Intussen sal klasse Maandag voortgaan by die DUT ná betogings en die dood van ’n student verlede week.

Mlungisi Madonsela is verlede week geskiet tydens ’n konfrontasie met sekuriteitswagte by een van die DUT se kampusse. Hy is later in die hospitaal dood weens ’n skietwond.

Die DUT het in ’n verklaring gesê hy het Saterdagoggend met die studenteraad (SR) vergader.

“Punte wat tydens die vergadering bespreek is, is die roudiens vir Madonsela en sommige kwessies wat in hul (die SR se) memorandum geopper word.”

Luidens die verklaring het die universiteitsbestuur en die SR ooreengekom dat klasse Maandag sou voortgaan.

Meer oor:  Dut  |  Euvette Taylor  |  Universiteit  |  Naakte Lyk Gevind  |  Sterfte  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.