Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baba wat in bedjie brand word ‘mooi gesond’

Die tien maande oue babaseun van Letsitele, buite Tzaneen in Limpopo, wat ernstige brandwonde in ’n fratsongeluk opgedoen het, het steeds baie pyn.

Dian Cloete word in die brandeenheid van die Mankweng-hospitaal, sowat 30 km buite Polokwane, behandel.

Hy het verlede Dinsdag tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen toe ’n lugversorger in sy ouers se kamer aan die brand geslaan het.

Dian Cloete (10 maande) van Letsitele in Limpopo voordat hy brandwonde opgedoen het.

Michelle Cloete, Dian se ma, sê dit gaan “darem al baie beter” met haar seuntjie as verlede Dinsdag.

“Hy word baie mooi versorg in die hospitaal. Die verpleegsters het vandag weer sy wonde behoorlik skoongemaak.”

Dian het brandwonde van sy kop tot onder sy voete. Sy bors is toegedraai met verbande en albei sy handjies is ook verbind.

“Die wonde word mooi gesond en ons is so dankbaar daarvoor.”

Dian Cloete word in die Mankweng-hospitaal buite Polokwane vir brandwonde behandel. Foto: Michelle Cloete

Cloete sê sy vermoed daar het ’n kortsluiting in die lugversorger ontstaan wat die brand veroorsaak het.

Dian se ouer boetie, Luan (2), het dadelik sy ma geroep toe hy die vlamme sien met: “Boetie brand! Boetie brand!”

Cloete sê Luan se bed en Dian se kot is in haar en haar man, JJ, se kamer.

“Die hele kamer het uitgebrand.”

Die tien maande oue Dian Cloete voordat hy ernstige brandwonde opgedoen het.

Luan het probeer om sy boetie uit die brandende kot te red. Hy het nie enige brandwonde opgedoen nie.

Die Cloete-egpaar is sedert die ongeluk saam met Dian in die Mankweng-hospitaal. Luan kuier by een van sy oumas.

Cloete sê Dian mag dalk al volgende week uit die Mankweng-hospitaal ontslaan word.

“Dan lê daar nog ’n lang herstelpad voor omdat die brandwonde behoorlik versorg moet word.”

Meer oor:  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.