Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bloem-meisie (13) al week lank vermis

Die polisie in Bloemfontein is op soek na ’n tienermeisie wat al ’n week lank vermis word.

Mawande Shongwe

Mawande Shongwe (13) is verlede Vrydag laas by ’n bushalte in Pellissier gesien toe sy hul huiswerker, net bekend as Nono, gaan afsien het. Sy het nie na die huis teruggekeer nie.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê volgens Nono was Mawande veronderstel om terug huis toe te gaan sodra die taxi vertrek het.

“Maar sy het nooit by die huis opgedaag nie en is as vermis by die polisie aangemeld,” sê Covane.

Volgens Covane is dit ook nie die eerste keer dat Mawande as vermis aangemeld is nie.

Sy het met haar verdwyning ’n swart denimbroek, pienk hemp en sonbril aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, kan sers. Lebo Bosman by 082 527 6309 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.