Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Brugtragedie: ‘Nog ’n ruk’ voor oorsaak vasgestel word

Dit is nog te vroeg om te sê wat die oorsaak was van die loopbrug wat Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het.

Die toneel Maandagoggend by Hoërskool Driehoek. Foto: Felix Dlangamandla

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van onderwys, sê die departement van onderwys in Gauteng is besig met ’n ondersoek.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, het Maandagoggend by die Hoërskool Driehoek gesê die ondersoek is nog nie afgehandel nie.

“Dit is nog nie duidelik hoekom die loopbrug ingeval het nie,” het Mabona gesê.

Hy het gesê strukturele ingenieurs het reeds groot dele van die skoolgebou veilig verklaar.

Die departement van arbeid moet egter nog hul goedkeuring gee voordat leerlinge sal kan teruggaan skool toe.

Mhlanga sê die ondersoek word gedoen deur die departement van onderwys in samewerking met die departemente van arbeid en openbare werke.

“Omdat verskeie departemente betrokke is, kan dit nog ’n ruk wees voordat die oorsaak van die ongeluk vasgestel kan word.”

Teboho Thejane, woordvoerder van die departement van arbeid, en Thamsanqa Mchunu, woordvoerder van die departement van openbare werke, het nie op navrae oor die ondersoek gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.