Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dodetal van leerlinge in ongeluk styg na 6
Die ongelukstoneel.Foto: Netcare 911

Die dodetal van die leerlinge wat Woensdag in die minibusongeluk naby die busdepot in Ntuzuma, noord van Durban, gesterf het, staan nou op ses. ’n Bus en ’n minibustaxi het gebots.

Vier van die skoolkinders wat dood is, was leerlinge aan die Sivananda Technical High School in KwaMashu, en twee aan die Isibonelo Secondary School.

“Die kant van die minibus is afgeruk en wrakstukke is oor ’n groot gebied gevind. Die opgefrommelde wrak van die minibus het op die sypaadjie sowat 50 m van die bus gelê,” sê Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911.

Altesame 18 pasiënte is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem.

Ses leerlinge is Woensdagoggend dood en talle mense beseer toe ’n bus naby die busdepot in Ntuzuma, noord van Durban, met ’n minibus gebots het.Foto: Netcare 911

Die ongeluk het omstreeks 08:00 gebeur en paramedici van die KwaZulu-Natalse nooddienste is na die toneel ontbied.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement se nooddienste, sê dit is in hierdie stadium onbekend waarheen die bus op pad was.

Volgens Muzi Mahlambi, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van onderwys, het die minibus skoolkinders vervoer.

Meer oor:  Chris Botha  |  Durban  |  Leerlinge  |  Botsing  |  Minibustaxi  |  Ongeluk  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.