Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kunstekaap-hoof dien in ATKV-direksie

Marlene le Roux, uitvoerende bedryfshoof van die Kunstekaap-teater, is op die ATKV se algemene jaarvergadering by Klein-Kariba by Bela-Bela verkies tot die direksie van die ATKV se sakeafdeling, bekend as die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsbejag).

Marlene le Roux

Le Roux, ’n bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, gestremdes en die jeug, sê in ’n verklaring van die ATKV dis haar passie om ’n verskil te maak.

“Ek wil deur kuns en kultuur uitreik na die diverse gemeenskappe in ons samelewing en ’n platform skep waar almal kan tuishoort, veral die gemeenskappe wat voorheen op kulturele, ekonomiese en maatskaplike vlakke gemarginaliseer is.”

Sy is betrokke by verskeie organisasies en is die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, die Desmond and Leah Tutu Legacy Foundation en die Chrysalis Jeugakademie. Sy dien ook as lid van die presidensiële werkgroep oor gestremdhede.

Dat Le Roux se werk wye erkenning – ook internasionaal – geniet, blyk uit die talle toekennings op haar indrukwekkende CV. Dit wissel van die Commonwealth Points of Light Award en ’n toekenning van die Wes-Kaapse provinsiale regering tot toekennings van die Afrikaanse Taalraad en die Franse regering (waaronder ’n ridderskap vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste), aldus die ATKV.

Le Roux sê ná haar verkiesing dat die ATKV se lede ’n baie belangrike rol speel.

Sy beklemtoon ook dat daar op die jeug gekonsentreer moet word. “Die jeug is nodig om die organisasie vorentoe te neem, die werk van die afgelope 89 jaar verder uit te bou en die organisasie se visie vir Suid-Afrika in te stel.”

Dirk Lotter is herverkies tot die direksie. Hy dien ook in die direksie van ATKV-Sake en Hartenbos Seefront, asook in verskeie komitees van die ATKV.

Meer oor:  Atkv  |  Kunstekaap  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.