Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lian ‘voel nie pyn’ ná dokters hom uit koma bring

Lian Taljaard (18), ’n matriekleerling van Pretoria wat twee weke gelede in ’n ernstige motorongeluk betrokke was, is na ’n gewone saal verskuif nadat dokters hom uit sy koma gebring het.

Taljaard het Woensdagaand uit sy hospitaalbed gesê hy het nie seer nie, moontlik “omdat ek op medikasie is”.

Lian het verlede Sondag ernstige kopbeserings in ’n motorongeluk opgedoen toe die voertuig wat hy bestuur het op die R101 tussen Bela-Bela (Warmbad) en Pretoria gerol het.

Sy vriend Shaun Goedhals (18), wat saam met hom in die voertuig was, is lig beseer.

Hulle was op pad huis toe nadat hulle vir die langnaweek saam met Lian se ouers op hul familieplaas buite Bela-Bela gekuier het. Albei is matriekleerlinge aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Lian Taljaard

Volgens hom is hulle moontlik in ’n lokval deur misdadigers gelei.

“Sean sê ’n motor was oor die pad geparkeer, moontlik om ons voor te lê. Ek het uitgeswaai en beheer oor die motor verloor. Hy is van sy beursie en selfoon beroof. Ek weet nog nie van my besittings nie.

“Ek was baie emosioneel oor die ongeluk. Ek het uit die motor geval, moontlik omdat ek nie my sitplekgordel vasgemaak het nie.”

Lian sê die boonste deel van sy gesig is in ’n operasie opgebou nadat dit vergruis is.

“Ek het nie gevoel bo my bokaak nie. My neus is gebreek. My oor is afgeskeur en my skedel is gekraak. Ek moet dalk nog ’n operasie ondergaan, maar dokters dink dat ek dalk Vrydag huis toe kan gaan.”

Hy het ook ’n ernstige besering aan sy kuit.

“Ek kan darem loop, hoewel ek ’n bietjie onvas is. Ek ondergaan fisio- en arbeidsterapie.

“My korttermyngeheue is ook aangetas en ek onthou nie veel van die onmiddellike verlede nie.

“Andersins is ek baie dankbaar dat ek redelik lig daarvan afgekom het.”

Ek het nie gevoel bo my bokaak nie. My neus is gebreek. My oor is afgeskeur en my skedel is gekraak. Ek moet dalk nog ’n operasie ondergaan, maar dokters dink dat ek dalk Vrydag huis toe kan gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.