Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Orania wys nuwe president aan

Dr. John Strydom word president en Sarel Roets waarnemende bedryfshoof van Orania. Strydom was voorheen die onderpresident.

Carel Boshoff gaan ’n stigting begin wat selfstandigheid binne die gemeenskap van gemeenskappe sal bevorder.

Dit volg op die bedanking die naweek van Carel Boshoff as president.

Luidens ’n verklaring van die Orania-beweging is die nuwe leiers op ’n vergadering van die uitvoerende raad aangewys.

“Die nuwe leiers beplan om veral die organisasie se dinamiese aard verder te ontwikkel en goeie skakeling te beklemtoon.”

Strydom woon sedert 1995 in Orania en het ’n “deeglike kennis van die organisasie se interne werking en dien al geruime tyd in die Orania-beweging se burgerraad.”

Hy het ervaring as lid van die uitvoerende raad.

Strydom sê hy gaan veral klem lê op die organisasie se kernfunksies en verbetering van stelsels. Hy is ’n entrepreneur wat deeltyds met pekanneute en amandels boer.

Roets, wat opleiding in teologie het, woon al sewe jaar in Orania. Hy is lid van die burger- en uitvoerende raad.

Luidens die verklaring het Roets in sy hoedanigheid as onderpresident en segsman goeie insig in die beweging se interne en eksterne bedrywighede ontwikkel. Sy sterk punt is menseverhoudinge.”

Roets, ’n sakeman, besit die Stokkiesdraai-park en -winkelsentrum en ’n restaurant.

“Boshoff gaan ’n stigting begin wat selfstandigheid binne die gemeenskap van gemeenskappe sal bevorder. Hy het reeds met ander Afrikanerorganisasies gepraat wat die Afrikanersaak sal help uitbou,” lui die verklaring.

Meer oor:  Orania  |  President  |  Nuwe President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.