Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oudwerker beweer wit mense, Indiërs kry voorkeur by Transnet

’n Oudwerknemer beskuldig Transnet van rassisme, maar die semistaatsinstelling ontken dit.

Thabo Rampyapedi sê hy was vol hoop toe hy in 2008 vir Transnet begin werk het, maar dat hy teen 2015 ontnugter is omdat hy vir jare in dieselfde pos was.

Rampyapedi, wat sê wit en Indiër-kollegas kry voorkeurbehandeling, het sy werk verloor ná ’n dissiplinêre verhoor.

“Daar is rassisties gediskrimineer teen my en my swart kollegas deur ’n senior bestuurder by Transnet se vragspoor-tegnologieafdeling,” sê Rampyapedi.

Transnet het verskeie ondersoeke na sy klagte ingestel en gevind daar was geen rassisme nie.

Volgens hom het dit in 2008 begin toe hy gekla het daar is nie bemagtiging en groeigeleenthede vir swart mense in die vorm van verdere opleiding en oorsese besoeke nie.

Thabo Rampyapedi
Thabo Rampyapedi

“Ek het begin agterkom wanneer daar oorsese reise en bevorderings was, is net wit en Indiër-kollegas oorweeg.”

Rampyapedi het in Junie 2009 ’n verslag opgestel oor die beweerde rassisme en dit aan die bestuur en aan die vakbond Satawu gegee. Dit het ’n lys van beweerde rassistiese klagte teen die maatskappy ingesluit.

Transnet het by navraag deur News24 bevestig Rampyapedi was in sy diens.

“In 2015 het mnr. Rampyapedi bewerings van rassisme gemaak. Die saak is deur ’n onafhanklike persoon ondersoek en daar is gevind die bewering is ongegrond,” het Molatwane Likhethe, woordvoerder van Transnet, gesê.

Die voorsitter van die ondersoek was Yusuf Nagdee.

Rampyapedi het gesê Nagdee was bevooroordeeld en die bevinding was gefabriseer.

Likhethe het gesê pogings is aangewend om verhoudings te bou ná die beskuldigings van rassisme, maar Rampyapedi wou nie deel wees daarvan nie.

Volgens Rampyapedi wil hy nou die saak parlement toe vat en na die departement van openbare ondernemings.

Meer oor:  Transnet  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.