Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paasnaweek: Padwerke beperk op N2
Foto ter illustrasie. Foto: Gallo Images

Geen grootskaalse padkonstruksiewerk sal oor die Paasnaweek op die N2 langs die ooskus, wat Kaapstad met KwaZulu-Natal verbind, plaasvind nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê egter daar sal wel op sekere plekke aan die pad gewerk word.

Vusi Mona, kommunikasiebestuurder, het inligting uitgereik oor die roetes wat oor die Paasnaweek – van Vrydag tot Maandag – na verwagting besig gaan wees en dit sluit die meeste nasionale en provinsiale paaie in.

In die Wes-Kaap word ’n reuse-uittog Vrydag uit Kaapstad op die N2 in die rigting van Caledon verwag, en die pad terug sal Maandag in die rigting van Grabouw net so besig wees.

“Die N2 tussen Kaapstad en Port Elizabeth, wat 550 km beslaan, sal na verwagting in ’n redelike tot goeie toestand wees. Die pad bestaan hoofsaaklik uit ’n enkelbaan met sekere gedeeltes waar stadiger voertuie verbygesteek kan word,” sê Mona.

Daar sal roetine-instandhoudingswerk op die N2 veral in die Oos-Kaap gedoen word.

’n Nuwe wisselaar – die Baywestboulevard – is onlangs geopen wat verkeersvloei op die gedeelte tussen Van Stadensrivier en Port Elizabeth verbeter.

Konstruksiewerk sal in die Grahamstad-omgewing gedoen word met die moontlikheid van skietwerk naby die Visrivierpas.

Indien skietwerk plaasvind, gaan die pad tussen Grahamstad en Visrivier met tye gedeeltelik toe wees en bykomende spoedbeperkings sal in werking gestel word.

Die onlangse opknappingswerk aan die roete by Visrivier by die Keiskammapas kan lei tot tydelike padsluitings.

Motoriste wat tussen King William’s Town en Oos-Londen reis, kan ook vertragings weens padwerke verwag.

Mona het motoriste gemaan om versigtig tussen die Keirivier en Dutywa te bestuur weens rondloperdiere.

Hy sê noord van Durban is opknappingswerk aan die N2- en M41-Mount Edgecombe-wisselaar steeds aan die gang.

“Daar sal tydelike padverleggings wees en bestuurders word aangeraai om op die uitkyk vir verkeersbeheermaatreëls en ander tydelike waarskuwingstekens te wees.”

Daar word ook werk net noord van Durban in die omgewing van die Koning Shaka Internasionale Lughawe gedoen.

Tussen Empangeni en Pongola aan die KwaZulu-Natalse noordkus vind konstruksiewerk by die Kwabhoboza-wisselaar plaas.

Motoriste in die omgewing van die Tuinroete word gemaan om op die uitkyk te wees vir voetgangers en rondloperdiere by die informele nedersettings in Knysna tussen George en Nature’s Valley.

Mona het ’n beroep op padgebruikers gedoen om spoedbeperkings te gehoorsaam en stadiger te ry by afgebakende gebiede waar konstruksiewerk plaasvind.

Meer oor:  Sanral  |  N2  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.