Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plaasvervanger werk in opgespoorde onnie se plek

Werner Stander en sy vriendin, Anene Janse van Vuren. Foto: Facebook

'n Plaasvervanger is aangestel om skool te hou in die plek van Werner Stander (47), ’n onderwyser van Goodwood Park Primary, nadat hy Maandag as vermis aangemeld en Dinsdag ongedeerd gevind is.

Die plaasvervanger sal skoolhou totdat die onderwysdepartement verdere inligting ontvang, sê Jessica Shelver, woordvoerder van Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys.

Stander het Maandagoggend vroeg verdwyn nadat hy sy huis verlaat het. Hy is deur sy vriendin, Anene Janse van Vuren, as vermis aangemeld.

Stander is Dinsdag voor in sy Corsa-bakkie by die Engen One Stop-vulstasie op die N1 gekry. Volgens die polisie is hy ongedeerd.

Dit is steeds onduidelik waar Stander sedert Maandagoggend was.

Shelver het alle navrae oor Stander se toestand na die polisie verwys en wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Stander is Dinsdag opgespoor en daar is geen gronde om hom weens enige oortreding in hegtenis te neem nie.

“Die polisie beskou die voorval as afgehandel,” het Traut gesê.

Die bakkie waarin Werner Stander Dinsdag gevind is. Foto: Jaco Marais
Werner Stander is ongedeerd in sy bakkie gekry. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Werner Stander
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.